
'n Boer van Heilbron is die gelukkige wenner van 2 000 liter diesel! Die borg, Brandvlei Verspreiders van Randfontein in Gauteng, het dié leserskompetisie aangebied met die samewerking van Landbouweekblad en Landbou.com.
Die wenner, mnr. Johan Germishuys, se naam is tydens die Nampo-Oesdag bekend gemaak en die prys is onlangs op sy plaas afgelaai.
Gemengde boerderyJohan en sy vrou, Mari, het 'n gemengde boerdery op die plaas Nuwe Engeland, met gesaaides, soos mielies, sonneblomme en koring, asook 'n veekomponent met Bonsmaras en Vleismerino’s. Hulle seuns, Fouché en Simon, is die sesde geslag op die plaas wat al sedert 1873 in familiebesit is.
"Ons is baie bly oor dié lekker prys. Dis nou strooptyd, so die ekstra diesel is 'n welkome geskenk," sê Johan. Mnr. Deon Lindeque en me. Tania Smith van Brandvlei Verspreiders het die prys aan die Germishuyse op hul plaas oorhandig.
Byskrif: Op die foto is Deon Lindeque (Brandvlei Verspreiders), Johan Germishuys (wenner), Rufus de Beer (Landbou.com) en Tania Smith (Brandvlei Verspreiders). Foto: Liza Bohlmann