
Mnr. Cois Harman, ’n boer van Zeerust, wil ander boere en sakelui help wat hulself in ’n posisie bevind waar hul bates en sekuriteit deur likwidasie bedreig word. Harman het vandeesweek ’n veldtog op sosiale media van stapel gestuur om ’n databasis op te bou van mense wat deur só ’n proses in die gesig gestaar word of reeds in likwidasie is.
“Daar is baie mense, veral boere, wat nie weet watter kant toe wanneer só iets hulle tref nie,” sê Harman. “Ons wil kyk of ons die ouens kan help en seker maak alles geskied reg soos dit moet.”
Mense wat hulle in dié bootjie bevind, word versoek om ’n e-pos te stuur na admin@genoegisgenoeg.co.za
Boere sal gevra word om ’n vraelys te voltooi met hul basiese persoonlike inligting en dan vrae te beantwoord wat hul situasie uiteensit.