AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Boerdery in Kongo nie vir nuwelinge

’n Boer wat nie die mas opkom in Suid-Afrika nie, het geen kans om met welslae in die Kongo te boer nie, meen 'n kenner.

Van die boerderye in die Kongo, wat deur Suid-Afrikaners bestuur word, het gevou, sê mnr. Dirk Hanekom, voorsitter van Agri SA se Afrika-kommitee. Hy erken dat van dié boerderye gevou het en dat 'n handjievol mense tans só swaarkry dat hulle nie kan bekostig om na Suid-Afrika terug te kom nie.

Luidens 'n berig in Rapport het die meeste van die Suid-Afrikaanse boere wat twee jaar gelede in die Republiek van die Kongo gaan boer het, glo uitgeboer. Net nege van die oorspronklike groep van 28 Suid-Afrikaanse boere is glo oor. Die boere het hulle in Desember 2011 in die Niari-vallei, so 300km van die hoofstad Brazzaville, gevestig.

Hanekom meen egter dat die situasie in konteks gesien moet word: “Boere het onder moeilike omstandighede begin, maar dié wat dit nie gemaak het nie, het nie genoeg kollateraal tot hul beskiking gehad nie. Dit duur gewoonlik meer as vyf jaar vir enige besigheid om winsgewend te word: Hierdie boere kon net vir drie jaar uithou.”

Waardevolle leerskool
Hy het bygevoeg dat die Kongo-pioniere 'n baie waardevolle leerskool vir Agri SA is en die manier hoe mense vir Afrika-projekte gekeur moet word: “Iemand wat nie die paal haal in Suid-Afrika nie, het geen kans in die Kongo nie.”

Van die boere was ook té romanties oor die Kongo: “Jy gaan dit nie maak omdat jy lief is vir die grond of omdat jy 'n avonturier is nie. Dit is baie harde werk en jy moet goeie huiswerk doen om ingeligte besluite te kan neem. Dis nie genoeg om net 'n oppervlakkige grond- of watermonster te laat neem nie. Daar is sekere dele waar daar tot 3000 mm reën per jaar val – dit is iets waaraan ons boere nie gewoond is nie en vereis spesifieke produksiemetodes.”

Hanekom wou nie uitbrei oor hoeveel boere in so 'n finansiële verknorsing is dat hulle nie kan beskostig om terug te kom na Suid-Afrika nie. Agri SA sal egter binne 'n paar maande die gebied besoek om te kyk hoe hulle die boere kan help.

Drie lesse, sê Nick Vink
Prof. Nick Vink van die departement landbou-ekonomie aan die Universiteit van Stellenbosch sê daar is drie lesse wat uit die hele storie uitstaan: Die eerste is dat dit dalk beter is vir boere om uit te brei na streke wat meer soos Suid-Afrika is, waar mense dieselfde taal praat, die klimaat meer dieselfde is en daar beter infrastruktuur is: Plekke soos Zambië en Malawi.

Tweedens kan 'n mens maar verwag dat daar mense is wat dit nie gaan maak nie. Dit is dié boere met die kundigheid en die geld wat dit op die ou end maak.

Verder het hy bygevoeg dat die meeste van die boere in ander dele van die kontinent nie nuut begin nie, maar besig is om bestaande boerderye uit te brei. So in die groter prentjie is dit nie so 'n groot probleem as van hulle projekte in ander lande vou nie, het hy gesê.

Bron: Rapport

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-1.8%
Rand - Pond
19.45
-0.0%
Rand - Euro
17.37
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.70
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,643.66
0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Die lewe geniet
Waardeur opregtheid en eerlikheid. Hou van fietsry, stap, natuur, kamp en iemand wat dit wil deel ,nie noodwendig alles nie. Geniet netjiese tuin en tuis. Ek hou van mense wat...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot