
Minstens tien boere in Limpopo is beboet – sommige met tot R1 miljoen – omdat hulle hul werknemers te min betaal, het die departement van arbeid in die provinsie bevestig.
Gedurende ’n blitsbesoek van drie dae het arbeidsinspekteurs growwe oortredings van basiese voorwaardes vir indiensnemings gevind, sê Joe Mokou, die woordvoerder.
Van die plaaswerkers is glo minstens R1 427 elk te min betaal en werknemers het nagelaat om bydraes vir die werkloosheidsversekeringsfonds te lewer, al is dit van hul salarisse verhaal.
Boere in Limpopo neem duisende werkers in diens vir onder meer sitrus- en tamatieproduksie, terwyl talle seisoenswerkers ook gedurende oestyd benodig word.
Daar is ook gevalle gevind waar sommige werknemers sonder beskermde klere gewerk het en sommige van hulle huisvesting was nie geskik vir menslike bewoning nie. “Ons soek nie luukse huise nie, maar wat ons hier gevind het, is onaanvaarbaar en nie eens vir diere geskik nie.”
Bron: www.fin24.com