AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Boere bekommerd oor gas-soektog in VS

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Vida Booysen
Ter illustrasie. Foto: Vida Booysen
Landbou-organisasies hou ’n valkoog oor ’n proses om nuwe boorgate vir gaseksplorasie in die Vrystaat te sink.

Hoewel dié eksplorasie nié hidrobreking behels nie, is daar kommer oor die implikasies wat enige ontdekking van olie en gas vir boere inhou.

Die mineralemaatskappy Rhino Resources (voorheen Rhino Oil and Gas Exploration) doen deur middel van sy omgewingskonsultant, SLR Consulting, formeel aansoek om sekere olie- en gaseksplorasieregte in die provinsie vir ’n verdere twee jaar te verleng.

Rhino het reeds opnames gedoen by wyse van lessenaarstudies en lugfoto’s. Die volgende stap is om omgewingsgoedkeuring te verkry om te boor. Dis nog nie ’n mynboureg as sodanig nie, maar nog net ’n eksplorasiereg, verduidelik mnr. Gernie Botha, uitvoerende hoof van Vrystaat Landbou (VL)

Die aansoeke ter sprake, ER294 en ER318, sluit twee eksplorasie-gebiede in wat sowat 2 500 grondeienaars kan raak. ER294 behels sowat 1 800 km2 rondom Petrus Steyn wat meer as 1 300 eiendomme behels, terwyl ER318 sowat 718 km2 en 1 235 eiendomme in die noordweste van die provinsie rondom Welkom, Allanridge, Steynsrus en Kroonstad in.

Sommige ontleders meen helium of aardgas is waarna Rhino Resources soek in sy eksplorasieproses in dié omgewing. Die maatskappy Renergen, wat by Virginia in die Vrystaat helium en aardgas ontgin, het onlangs met produksie begin.

Volgens Rhino se nuwe aansoek beoog hy om volgende jaar minstens tien eksplorasie-skagte te sink. Indien daar kommersieel ontginbare petroleum, helium of waterstof in die skagte van ER294 gevind word, sal ’n verdere 40 eksplorasie-skagte gesink word.

Die maatskappy sê in ’n brief aan VL Rhino Resources het geen belang daarby om skaliegas-eksplorasie te doen nie en sal dus nie hidrouliese breking toepas as deel van sy beoogde eksplorasie of potensiële toekomstige produksie nie. Hidrobreking is wanneer rotse met ’n hoëdrukvloeistof gebreek word om natuurlike gas vanuit die diep skalierotslae in die aarde se kors vry te laat. Daar is sterk teenkanting uit landbou- en omgewingsgeledere teen dié ontginningsmetode wat elders ter wêreld tot besoedeling van ondergrondse waterbronne gelei het.

Fyn dophou

VL sal die hele eksplorasie-proses fyn dophou, sê Botha. “VL is geregistreer as ’n belangeparty in die proses en gegewe die regering se swak rekord om sy eie omgewingswetgewing af te dwing, sal ons waaksaam wees. As almal hou by die bepalings van die wet behoort daar nie moeilikheid te kom nie, maar ’n mens weet nooit wat kan gebeur nie. As iets skeefloop, is dit die grondeienaars wat die spit sal afbyt.”

Mnr. Janse Rabie, regs- en beleidsbestuurder van Agri SA, sê Rhino Resources sê hy beoog konvensionele boorwerk. Hoewel baie diep, vereis dit nie daardie enorme hoeveelhede water wat vir hidrobreking nodig is nie. “Agri SA is nie gekant teen wat Rhino nou sê hy gaan doen nie, ons is gekant teen hidrobreking as sodanig.”

Sou daar enige produksie-aktiwiteite voortvloei wat nié met hidrobreking te make het nie, sal Agri SA nie in die pad daarvan kan staan nie, sê Rabie.

Maar wat sou gebeur as die maatskappy nie sy belofte gestand doen nie of dalk sy produksiereg oordra na ’n nuwe entiteit?

Wanneer ’n petrochemiese maatskappy ’n eksplorasiereg kry en hy oefen dit uit, dan het hy ingevolge die wet ook outomaties ’n produksiereg, sê mnr. Hans-Jurie Moolman, van die prokureursfirma Moolman & Pienaar Ingelyf. Dié firma het twee ander eksplorasie-aansoeke van Rhino Resouces teengestaan en kon dit regkry dat hy een hiervan, ER346, terugtrek.

Moolman sê hoewel Rhino in sy brief aan Vrystaat Landbou sê dit is nie die maatskappy se oogmerk om vir skaliegas ontgin nie, sou hy geruster gewees het as dit in ’n formele kontrak gestaan het. “Dit is miskien nie nou die oogmerk nie, maar dit kan net so wel môre die oogmerk word. Hy het die reg om dit te doen en kan dit uitoefen of die reg aan ’n ander entiteit verkoop wat wel die oogmerk het.”

Belanghebbendes het nog tyd tot 9 November om op die aansoek kommentaar te lewer op die omgewingsverslag en kan RhinoER294@slrconsulting.com of RhinoER318@slrconsulting.com vir nog inligting kontak.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.23
+1.8%
Rand - Pond
21.11
+1.0%
Rand - Euro
18.14
+0.9%
Rand - Aus dollar
11.72
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+1.6%
Goud
1,795.36
-0.2%
Silwer
23.01
-0.6%
Palladium
1,914.91
+0.8%
Platinum
1,023.63
+0.4%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
69,173
+1.4%
Alle aandele
75,334
+1.4%
Hulpbronne 10
75,189
+1.6%
Industriële 25
92,282
+0.8%
Finansiële 15
15,820
+2.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wees net jouself
Wil graag die mooi in die lewe deel met iemand. Ek het n baie mooi hart so ontdek dit. Ek lewe voluit en maak die beste van die lewe.
Watter land volgende?
I am successful in business and love what I do. Looking for that special someone to share the sunsets with!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot