AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Boere bestuur goeie jare swak – ekonoom

Die Suid-Afrikaanse boer weet hoe om ’n swak jaar te bestuur, maar nie ’n goeie jaar nie, sê mnr. Dawie Maree van FNB.

Swak finansiële bestuur en besluite is die hoofoorsaak waarom sowat 80% van die boere wat hulle plase weens skuldverpligtinge verloor, die bedryf moet verlaat en nie as gevolg van ‘n swak landbou- jaar nie.

Mnr. Dawie Maree, hoof van landbou-inligting en bemarking van FNB sê die Suid-Afrikaanse boer weet hoe om ’n swak jaar te bestuur, maar nie ’n goeie jaar nie.

Maree het sowat 120 Karooboere op ’n inligtingsdag vir Voermol se Skaapboer van die Jaar, mnr. Nelius van der Westhuizen in die distrik Loxton toegespreek.

Wat het u in goeie jare gemaak?

“Ons finansiële besluite in goeie jare, bepaal ons lot in swak jare,” sê hy. “Wat het u in goeie jare gemaak? Het u skuld verminder of aangegaan ter wille van belastingverligting?”

Maree het voorts gevra of boere hulle surplus-geld in dooie bates belê het of inkomste-generende bates aangekoop het.

Hy sê aangesien die Suid-Afrikaanse boer op homself aangewese is, is sy finansiële bestuur in goeie en slegte produksiejare van kritiese belang. “Alles gaan oor fokus. Fokus op jou eie omstandighede, maar leer versigtig by ander.”

Sy raad aan produsente om ‘n beter finansiële bestuur toe te pas, is dat die boer eienaarskap aanvaar van alles wat op sy plaas gebeur. Ander positiewe optrede is dat die produsent integriteit teenoor homself en alle ander partye in die boerdery moet toepas.

Betrek eggenoot by boerdery

Een van die realistiese stappe is om kredietwaardigheid by die finansierders op te bou, ’n verskansingstrategie te volg, ingeligte besluite te neem en ook die boer se eggenoot by die finansiële bestuur van die boerdery te betrek.

Volgens Maree is ’n gesonde kontantvloei in ’n boerdery koning. “Landbouers gaan ekonomies oorleef deur hulle vaste koste waar moontlik te verlaag, balansstate te herstruktureer, die winsgewendheid van boerderyvertakkings te heroorweeg en vertikale integrasie toe te pas,” sê hy. “Is daar geleenthede vir waardetoevoeging?”

Boere moet hulself ook vergewis van die beperkings van hulle omgewing en bewus wees van hulle lewenskoste.

“Wees pro-aktief en as ’n rentevrye kapitaalstorting jou enigste kans op oorlewing is, realiseer ’n bate en hou die wolf weg van jou plaaswerf,” sê Maree.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.96
-2.0%
Rand - Pond
19.39
+0.3%
Rand - Euro
17.36
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.70
+0.0%
Rand - Jen
0.12
+0.1%
Goud
1,643.40
-0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat se jy, ek en jy loop die pad saam tot in Ewigheid.
Ag dis nie my keuse om vir iemand te seh hul moet my leer ken nie. Ek gaan nie eers my tyd mors nie, maar ek sal my tyd gee vir die wat my regtigwaar wil leer ken en n pad saam...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot