AFGRI
BEAN
01 Des
-
7443
0,00
CORN
01 Des
-
3693,68
0,00
SOYA
01 Des
-
7497
0,00
SUNS
01 Des
-
11232
0,00
WEAT
01 Des
-
6120
0,00
WMAZ
01 Des
-
3360
0,00
YMAZ
01 Des
-
3630
0,00
AMT
Beeste A2/3
19 Nov
-
53,63
-0,61
Beeste AB2/3
19 Nov
-
52,36
-0,27
Beeste B2/3
19 Nov
-
49,93
-0,39
Beeste C2/3
19 Nov
-
45,77
-1,34
Bevrore Hoender
19 Nov
-
28,97
0,09
Bokkies (onder 30 kg)
19 Nov
-
67,06
4,88
Bokooie
19 Nov
-
45,82
0,53
Groot (meer as 40 kg)
19 Nov
-
41,22
-4,20
Hoender (IQF)
19 Nov
-
26,15
-1,27
Medium (30-40kg)
19 Nov
-
53,18
-4,22
Pork Average
19 Nov
-
28,19
-0,22
Poultry Average
19 Nov
-
28,45
-0,37
Skaap A2/3
19 Nov
-
84,77
-0,53
Skaap AB2/3
19 Nov
-
75,76
-0,93
Skaap B2/3
19 Nov
-
71,89
-0,34
Skaap C2/3
19 Nov
-
70,02
0,06
Speenkalf
19 Nov
-
41,47
0,33
Spekvarke
19 Nov
-
29,28
-0,13
Stoorlammers
19 Nov
-
45,93
1,54
Varkwors
19 Nov
-
23,47
-0,03
Vars Hoender
19 Nov
-
30,25
0,07
Vleisvarke
19 Nov
-
28,07
-0,37
Wol (skoon)
19 Nov
-
170,08
-5,21

Boere gee vinnig en onselfsugtig voedselhulp

akkreditasie
Vars groente en mieliemeel was onder die skenkings wat boere van Ixopo aan gemeenskappe in nood uitgedeel het. Foto: Verskaf
Vars groente en mieliemeel was onder die skenkings wat boere van Ixopo aan gemeenskappe in nood uitgedeel het. Foto: Verskaf
Boere en landbou-organisasies het die afgelope weke vinnig opgetree om die kosnood onder arm en ingeperkte Suid-Afrikaners met skenkings te probeer verlig.

Ondanks die inperking se rompslomp en logistieke probleme het reuse-vragte voedsel vanuit die landbougemeenskap na desperate gesinne gevloei.

Dikwels was boere die eerstes wat bewus was van die groeiende hongersnood, juis omdat hul werkers vanuit dié gemeenskappe kom, of omdat hulle self daagliks produkte aan informele handelaars gelewer het, wat ingeperk was.

“Toe ons gehoor het spaza-winkels is nie op die aanvanklike lys van noodsaaklike verskaffers nie, het ons geweet ons plaaslike gemeenskappe gaan erg ly en ons moet help,” sê mnr. Bruce Allwood, voorsitter van die Ixopo Farmers’ Association Trust. 

Boere van Ixopo, Highflats, Kokstad, Mount Currie en Mooirivier het vinnig gereageer en vars en nie-bederfbare produkte, saailinge en melk aan die omliggende landelike gemeenskappe geskenk. Geldelike bydraes is onder meer gebruik om vars produkte van plaaslike, opkomende boere aan te koop.

Daar is hande met plaaslike nie-regeringsorganisasies, kerke en munisipaliteite gevat om noodvoedselvoorraad aan meer as 4 500 gesinne te verskaf. Meer as 10 ton kos is byvoorbeeld aan 200 gesinne in die Ubuhlebezwe-distrik geskenk, terwyl meer as 700 gesinne rondom Kokstad danksy skenkings van plaaslike sakelui en boere gevoed is.

Die situasie op voetsoolvlak is kritiek. “Om eerlik te wees, ons het mense gevind wat sou doodgaan van die honger sonder hulp,” sê me. Sue Hedden van die hulpverleningsorganisasie Woza Moya, wie se gemeenskapswerkers opnames gedoen het oor nood in hul omgewings.

“Die onselfsugtigheid waarmee daar gegee is, asook die blitsvinnige organisasie en samewerking is ’n getuigskrif vir die stewige verhouding tussen boere, plaaslike gemeenskappe en die plaaslike owerhede,” sê me. Sandy la Marque, uitvoerende hoof van die landbou-organisasie Kwanalu. Sy het ’n beroep gedoen dat soortgelyke veldtogte in die toekoms tot voordeel van die hele bevolking moet voortgaan.

In baie gevalle wou boere nie amptelik kommentaar lewer oor die hulp wat hulle agter die skerms gebied het nie, ook omdat die inperkingsregulasies op voetsoolvlak nie eenvormig geïnterpreteer word nie en hulle liefs nie aandag wou trek nie. 

“In hierdie tye is dit beter dat die linkerhand nie weet wat die regterhand doen nie. Ons het die nood gesien en ingespring. Dis al wat tel,” het een groot skenker uit die Noord-Kaap gereageer toe hy om kommentaar gevra is. 

Kosnood weens rompslomp is die laaste ding wat Suid-Afrika kan bekostig, sê mnr. Louis Meintjes, president van TLU SA. Die organisasie het uit sy Traumafonds hulp verskaf aan boere en gemeenskappe wat bydra om voedsel aan noodbehoewendes te verskaf. 

“Honger ken geen reëls nie en geen inperking of veiligheidsmaatreëls kan dit verhoed nie.”

Helpers en boere wys die suiwelprodukte wat in KwaZulu-Natal aan ’n nie-regeringsorganisasie, The Lighthouse Community Centre, geskenk is. Die skenking sal sowat 1 500 kinders help voed. Foto: Verskaf
okse met gesonde vrugte en groente is deur Agri SA en sy vennote aan die Mamre-kerkgenootskap geskenk, wat dit op sy beurt weer aan arm gesinne op dorpe soos Yzerfontein, Darling, Mamre en Atlantis uitgedeel het. Foto: Christo van der Rheede

Kanale

Landbou-organisasies skep intussen kanale wat dit vir boere makliker kan maak om voedsel te skenk. Só het die familieboernetwerk Saai saam met AfriForum en Solidariteit Helpende Hand ’n taakspan gestig vir die verspreiding van voedsel en noodsaaklike items onder meer aan kinderhuise, tehuise vir bejaardes en klinieke landwyd.

Die samewerking versterk ’n netwerk van belanghebbendes uit stede en die platteland, sê mnr. Francois Rossouw, uitvoerende hoof van Saai. “Deur bydraes en verspreidingsvermoë saam te snoer, is ons impak veel groter.”

Agri SA het ook ’n veldtog begin om surplusvoedsel by arm gemeenskappe in hul nabye omgewing te kry. Mnr. Christo van der Rheede, adjunk- uitvoerende hoof van Agri SA, beklemtoon dat dit ’n vrywillige veldtog is, en dat deelnemers alle voorsorgmaatreëls moet nakom om die verspreiding van die virus te keer.

“Hoewel die kos by heelwat mense moet uitkom, moet die verspreiding daarvan só georganiseer word dat mense nie saamdrom nie. Daarom beveel ons aan dat boere saam met ’n nie-regeringsorganisasie of hul plaaslike kerk werk. Hulle moet tog onder geen omstandighede aan politici of ’n politieke party voedsel skenk nie.”

payfoodforward

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.04
-1.0%
Rand - Pond
21.28
-0.7%
Rand - Euro
18.15
-0.8%
Rand - Aus dollar
11.39
-0.6%
Rand - Jen
0.14
-1.3%
Goud
1,781.01
+0.3%
Silwer
22.26
-2.5%
Palladium
1,736.96
-0.3%
Platinum
935.00
-0.6%
Brent-ruolie
69.23
-5.5%
Top-40
64,786
+1.1%
Alle aandele
71,198
+1.0%
Hulpbronne 10
67,859
+0.9%
Industriële 25
93,997
+0.9%
Finansiële 15
13,880
+2.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vreugde, Lewe, Wyn en Dans
EK is ń man wat vol energie is. My drome is groot en my verwagtinge is hoog. Daar is soveel mooi in wêreld en elkeen het ook sy skop gehad maar ek verkies om na jou...
Die lewe is 'n avontuur. Kom ons geniet dit saam.
Ek is 'n positiewe mens, van nature. Erg oor my kinders, familie en vriende. Gek oor my honde. En diere, die natuur. Hou van reis, en sloertoere. Lief vir kos maak. En...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot