Dié private kliniek het al talle lewens gered en kry pasiënte van heinde en ver.
Binne twee jaar nadat ’n groep boere en ’n span aandeelhouers besluit het om deel van die oplossing en nie die neerdrukkende mediese statistieke te wees nie, staan ’n private kliniek skuldvry op Prieska. Boonop het die stigters se planne nog nie opgedroog nie.
Mnr. Henry Coetzee, besproeiingsboer van Mahoebe Eiendomme-boerdery, het ’n paar jaar gelede besef daar is nie genoeg mediese geriewe en dokters op Prieska nie, veral in lewensgevaarlike situasies.