AFGRI
BEAN
30 Jan
-
9724,8
70,80
CORN
30 Jan
-
4600
8,00
SOYA
30 Jan
-
9400
-135,00
SUNS
30 Jan
-
9951
-269,00
WEAT
30 Jan
-
6782
73,00
WMAZ
30 Jan
-
4355
-63,00
YMAZ
30 Jan
-
4484,6
-49,40
AMT
Ave Wool - Non RWS
20 Jan
-
170,89
-2,92
Ave Wool - RWS
20 Jan
-
181,89
-7,19
Beeste A2/3
20 Jan
-
58,72
2,37
Beeste AB2/3
20 Jan
-
58,36
3,52
Beeste B2/3
20 Jan
-
56,86
4,26
Beeste C2/3
20 Jan
-
52,54
0,65
Bevrore Hoender
20 Jan
-
31,75
-2,38
Bokkies (onder 30 kg)
20 Jan
-
63,65
-0,77
Bokooie
20 Jan
-
40,24
-2,32
Groot (meer as 40 kg)
20 Jan
-
41,1
-3,43
Hoender (IQF)
20 Jan
-
32,82
0,66
Medium (30-40kg)
20 Jan
-
56,66
1,18
Pork Average
20 Jan
-
37,05
0,71
Poultry Average
20 Jan
-
32,38
-0,99
Skaap A2/3
20 Jan
-
87,14
3,08
Skaap AB2/3
20 Jan
-
80,78
-2,47
Skaap B2/3
20 Jan
-
70,13
0,82
Skaap C2/3
20 Jan
-
65,78
1,26
Speenkalf
20 Jan
-
36,84
0,12
Spekvarke
20 Jan
-
38,49
1,90
Stoorlammers
20 Jan
-
38,71
0,25
Varkwors
20 Jan
-
29,77
0,61
Vars Hoender
20 Jan
-
32,57
-1,26
Vleisvarke
20 Jan
-
36,9
0,60

Boere het beleidsekerheid, stabiele ekonomie nodig – KZN MPO

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
As Suid-Afrika se melkboere moet voortgaan om ’n betekenisvolle bydrae tot die ekonomie te lewer, moet die regering se beleid en -optrede sekerheid in die landbousektor bevorder en handhaaf.

’n Deurlopende sleutelkwessie waarmee melkboere landwyd in hul verhouding met die regering te kampe het, is “fundamentele ideologiese verskille oor beleidsake”. Só het mnr. Luke Gibbs, voorsitter van die Melkprodusente-organisasie in KwaZulu-Natal (MPO KZN), op die jaarvergadering in die distrik Hilton gesê.

“As organisasie gaan ons voort met sterk pogings op provinsiale en nasionale vlak om die regering te oortuig dat ons ’n pragmatiese beleid en baie meer sekerheid nodig het, veral oor die kwessie van eiendomsregte, sodat ons ons noodsaaklike rol in die groei van die Suid-Afrikaanse ekonomie kan speel.”

Hy het verskeie bekommernisse en probleme uitgelig wat die provinsie se melkboere en ander boere ervaar en wat hulle steeds in die gesig staar. Dit sluit in die grootskaalse vernietiging en verliese wat verlede Julie deur die onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng veroorsaak is, die maatskaplik-ekonomiese toestande in Suid-Afrika, en wat deur Rusland se inval in Oekraïne en ander internasionale en nasionale faktore vererger is.

Daar is ook die nadelige gevolge wat spruit uit die provinsie se mislukte munisipaliteite, die toenemende gebrek aan basiese dienslewering, die ineenstorting van basiese en sleutelinfrastruktuur, en die toenemende protesoptrede en stakings wat groot ontwrigting en materiële en finansiële risiko’s vir melkboere en die landbou in die algemeen inhou.

“Ons bly steeds bekommerd oor die oënskynlike onvermoë van die polisie om gewelddadige en ander misdaad stop te sit, asook die korrupte, samespannende misdaadnetwerke wat dikwels georkestreer word deur sommige polisielede wat veronderstel is om wetsgehoorsame burgers te beskerm,” het Gibbs gesê.

Oor dieregesondheid het Gibbs ernstige kommer uitgespreek oor die verspreiding van bek-en-klouseer en brucellose (besmetlike misgeboorte). Volgens hom is brucellose al op 18 plase in KwaZulu-Natal aangemeld. Naburige veehandelaars se hantering van diere, rondloperbeeste in die gemeenskappe en die onbeheerde beweging van vee word as van die grootste oorsake vir die verspreiding beskou.

“Dit is ook kommerwekkend dat daar blykbaar geen poging deur die staat in die algemeen, en die staatsveeartsenydienste in die besonder, is om die uitbreking van bek-en-klouseer onder beheer te bring nie. Ons het gesien hoe hierdie siekte geleidelik deur KwaZulu-Natal en na ander provinsies versprei.”

Op ’n optimistieser noot het hy verduidelik dat die MPO KZN hom daartoe verbind het om sy verhoudinge met en vir sy lede te versterk. Dit sluit in besoeke om met lede op voetsoolvlak te skakel, die plasing van advertensieborde reg oor die provinsie om erkenning te gee aan melkboere vir hul harde werk om ’n gesonde en voedsame produk vir Suid-Afrika te produseer, inisiatiewe wat betref verbruikersopvoeding en -bewusmaking, en die lewering van suiwelprodukte aan gekose lae-inkomsteskole.

“Ondanks die struikelblokke vir melkboere in KwaZulu-Natal het ons lewering van onverwerkte melk toegeneem van 27% van die nasionale produksie tot 27,8%. Dit spreek vanself dat ons veerkragtige, ‘aanhou wen’-mense is, en hiervoor moet julle almal bedank word,” het Gibbs gesê.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.38
-1.0%
Rand - Pond
21.49
-0.6%
Rand - Euro
18.87
-0.8%
Rand - Aus dollar
12.29
-0.4%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Platinum
1,014.88
+0.1%
Palladium
1,636.90
-0.5%
Goud
1,924.36
-0.2%
Silwer
23.67
+0.3%
Brent-ruolie
86.66
-0.9%
Top-40
74,344
-0.6%
Alle aandele
80,325
-0.6%
Hulpbronne 10
77,934
+0.1%
Industriële 25
102,701
-1.1%
Finansiële 15
16,323
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
🎶 All we need is love
Onafhanklik, goeie waardes, sin vir humor, diere liefhebber, sagte hart. Geniet Park runs op Saterdae, beoefen skyf skiet as ook Karate. Mal oor musiek en geniet n rit op my...
Kom ons gesels en kyk wat gebeur.
Ek is ñ baie optimistiese mens met baie liefde om te gee. Soek my beste vriend vir wie ek lief kan wees. ❤️
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot