AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Boere in Namibië maak rug styf oor uraan

akkreditasie
Gebaseer op die forum se mikpunt om 50 000 beeste per jaar te slag, kan lede aandele in veelvoude van 4 000 koop. ’n Aandeelhouer het dan voorkeur vir die verskaffing van slagbeeste teen ’n premie van 3% op die prys van die dag. Foto: Charl van Rooyen
Gebaseer op die forum se mikpunt om 50 000 beeste per jaar te slag, kan lede aandele in veelvoude van 4 000 koop. ’n Aandeelhouer het dan voorkeur vir die verskaffing van slagbeeste teen ’n premie van 3% op die prys van die dag. Foto: Charl van Rooyen
Namibiese boere het hul rug opnuut styf gemaak teen pogings van ’n Russiese onderneming om verder vir uraan te soek in een van die land se belangrikste lewensare vir die landbousektor, die Stampriet-akwifer.

Verteenwoordigers was dit eens tydens die Namibiese Landbou-uniekongres in Windhoek dat alle stappe gedoen moet word om eers te verseker dat uraan veilig en sonder besoedeling aan die Stampriet-akwifer onttrek sal kan word voordat toestemming daarvoor gegee word. Headspring Investments, ’n filiaal van Uranium One, die uraanvertakking van die Russiese staatsonderneming Rosatom, wil met sy eksplorasie voortgaan.

Mnr. Jako van Wyk, lid van die bestuurskomitee van die Stampriet-uraan-akwifermynkomitee, het in ’n voorlegging die gevare vir die ontginning van uraan in die akwifer beklemtoon. Hy is bygestaan deur dr. Roy Miller, ’n geoloog.

Die waterbron ter sprake is artesies tot subartesies en kom voor in verskeie sandsteenlae in die Stampriet- artesiese kom, ook bekend as die Stampriet-oorgrens-akwiferstelsel, onder die Kalahariwoestyn in Suidoos-Namibië. Die artesiese water in die sandsteenlae is die enigste bron wat deur die jaar goeie water vir die gebied voorsien en is boere se lewensaar. Die probleem is dat die uraan binne-in die sandsteenlae voorkom.

Waterbron vir 50 000 mense

Die akwifer is ’n waterbron vir nagenoeg 50 000 mense, van wie 90% in Namibië woon. Dit strek oor 87 000 km², met 66% in Namibië en 18% van Botswana, terwyl dit in Suid-Afrika hoofsaaklik die Kgalagadi-oorgrenspark dek.

Die eksplorasielisensie dek ’n strook van 50 km by 500 km van die Botswana-grens tot die noordelike en westelike grens van die kom. Benewens Headspring Investments is daar verskeie maatskappye en individue met uraan-eksplorasielisensies.

Die landbougemeenskap in die omgewing het die Stampriet-uraan-akwifermynkomitee gestig en win inligting van kenners in oor die talle kwessies rakende in situ-loging om die uraan in die sandsteenlae te ontgin. Die werkswyse is om duisende boorgate 20 m tot 40 m uitmekaar te boor. ’n Swak swaelsuur-wateroplossing word dan ingepomp om die uraan op te los sodat die suurloging met die opgeloste uraan weer uitgepomp kan word. Dit bevat dan egter ook ander opgeloste swaarmetale.

In ’n bogrondse aanleg word die uraan uit die oplossing verwyder, maar nie die swaarmetale en die radioaktiewe neweprodukte nie. ’n Bietjie meer suur word by dieselfde water bygesit en dit word dan weer teruggepomp. Die kringloop van hierdie water word honderd keer of meer kere oor ’n tydperk van twee tot vyf jaar herhaal, en selfs langer. Die konsentrasie van swaarmetale bou dus stadig op tot dit gevaarlike vlakke bereik.

Finansiering

Van Wyk sê die kwessie is om geld in te samel om die Russiese maatskappy aan te vat. Die NLU, boereverenigings, besighede en individue dra by. Intussen wag hulle vir die omgewingsimpaksertifikaat wat deur die Russiese onderneming uitgereik moet word waarin hy moet waarborg dat die proses nie skadelik vir die omgewing sal wees nie. Intussen hoop die landbousektor steeds die kwessie kan deur dialoog opgelos word.

Die NLU-kongres was eenparig dat Namibië nie kan toelaat dat die water besoedel word nie. As die landbousektor nie tevrede is met die verslag nie, kan dit selfs in die hof getoets word.

Landbouweekblad verneem toe die NLU van die Russiese planne bewus geraak het, is die ministers van landbou, mynwese en omgewingsake vir ’n vergadering gevra, maar net landbou het gereageer. Dr. Calle Schlettwein, minister van landbou, het reeds aangedui eksplorasie en die myn van uraan kan nie toegelaat word as dit ’n gevaar inhou nie.

Mnr. Piet Gouws, voorsitter van die NLU, het gesê die beskerming van die land se kosbare waterbronne en diere- en gesondheidstatus is nie onderhandelbaar nie. “Ons wil ons steun onteenseglik aan min. Schlettwein toesê.”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.23
+1.8%
Rand - Pond
21.11
+1.0%
Rand - Euro
18.14
+0.9%
Rand - Aus dollar
11.72
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+1.6%
Goud
1,795.36
-0.2%
Silwer
23.01
-0.6%
Palladium
1,914.91
+0.8%
Platinum
1,023.63
+0.4%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
69,173
+1.4%
Alle aandele
75,334
+1.4%
Hulpbronne 10
75,189
+1.6%
Industriële 25
92,282
+0.8%
Finansiële 15
15,820
+2.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wees net jouself
Wil graag die mooi in die lewe deel met iemand. Ek het n baie mooi hart so ontdek dit. Ek lewe voluit en maak die beste van die lewe.
Watter land volgende?
I am successful in business and love what I do. Looking for that special someone to share the sunsets with!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot