AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9027
11,00
CORN
05 Okt
-
4800
-2,00
SOYA
05 Okt
-
9290
25,00
SUNS
05 Okt
-
10299
89,00
WEAT
05 Okt
-
7145
-24,00
WMAZ
05 Okt
-
4975
59,00
YMAZ
05 Okt
-
4889
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Boere in Nood keer vir skade ná hof-bom

? Stryery in die geledere van Boere in Nood het in die hof gedraai.

Vure is oor en weer doodgeslaan nadat die groep Boere in Nood (BIN) deur ’n litigasiebom weens onderlinge struweling in stigtersgeledere getref is.

Vrese oor moontlike wanbesteding van skenkergeld is onder meer uitgespreek in hofstukke waarin ’n dringende interdik in die Vrystaatse hooggeregshof gevra is.

Regter Johann Daffue het in reaksie op die aansoek ’n hofbevel bekragtig waarin die bank FNB beveel word om drie bankrekeninge van mnr. NC Schoombee van Bethlehem, stigter en een van BIN se drie direkteure, te vries. Hy het voorts beveel dat BIN se ouditeure toegelaat moet word om die rekeninge te oudit.

FNB moet ook BIN se geld – soos deur die ouditeure vasgestel en indien enige – na die organisasie se eie rekening oordra.

Alle besonderhede

Schoombee moet op versoek alle besonderhede van alle transaksies in dié drie rekeninge aan die ouditeure te openbaar.

Wat die groep se Facebook-blad met sy meer as 50 000 lede betref, mag Schoombee niemand toegang weier nie. Hy moet ook aan me. Carina Swartz van Bloemfontein en mnr. Nico Gerber van Hoekwil, die ander twee stigters en lede van die BIN-bestuur, alle inligting gee om die blad te kan administreer, het die hof beveel.

Swartz het in haar aansoek om die interdik gesê sy vrees Schoombee het van hul skenkergeld wanaangewend. Sy het glo talle onreëlmatige uitgawes of uitgawes waarvan sy nie geweet het nie, op die state vanaf November 2015 tot einde April 2016 opgespoor.

Haar bekommernis het klaarblyklik verdiep toe Schoombee op 9 Augustus hul Whatsappgroep verlaat en haar en Gerber se administratiewe regte op die Facebook-groep verwyder het.

In private rekening

Die onverkwiklike stryery wat nou in die hof gedraai het, volg nadat BIN-skenkings aanvanklik in private rekeninge van Schoombee inbetaal is toe die organisasie nog besig was om as instelling sonder wins-oogmerk geregistreer te word.

Schoombee en Gerber, albei boere, het BIN in November verlede jaar met Facebook begin. Swartz het haar kort daarna as vrywillige koördineerder en administrateur by hulle aangesluit. Dit is in Januarie amptelik as organisasie sonder winsoogmerk geregistreer. ’n Eie bankrekening is glo in Mei amptelik vir skenkings begin gebruik.

Luidens ’n verklaring van Swartz het BIN sedert sy ontstaan al meer as 1 100 boere individueel met voerbale gehelp. Die waarde van die skenkings het omtrent R4 miljoen beloop. Volvo SA het drie vragmotors vir die vervoer van geskenkte bale beskikbaar gestel, ’n borgskap wat volgens haar berekeninge al meer as R5 miljoen werd is. Dié voertuie het al meer as 250 000 km na boere in nood in elke provinsie in die land afgelê, sê sy.

Nuus van die interdik

Nadat die nuus van die hofinterdik bekend geraak het, het Swartz in ’n verklaring benadruk dat BIN steeds bedrywig en aan die gang is. “Boere in Nood gaan van krag tot krag. Hulp word steeds op ’n wettige en finansieel verantwoordbare manier voorsien,” het sy in die verklaring gesê terwyl talle foto’s op die Facebook-blad geplaas is van skenkings wat deur die Volvo-vragmotors vervoer word.

Schoombee het gesê hy het niks om weg te steek nie en ’n beroep op lede gedoen om te midde van “al hierdie slegte dinge” nie fokus te verloor nie, maar saam te staan om deur “hierdie moeilike tye” te kom.

“Mense, ek wil vra dat julle asseblief sal aanhou skenk. Ek is nie hier vir myself nie en ek wil nie hê die organisasie moet seerkry nie. Moet asseblief nie geld skenk in die ou rekening nie! Betaal dit in die nuwe rekening,” sê hy in ’n opmerking onder sy naam op die Facebook-groep.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.79
-0.9%
Rand - Pond
20.18
+0.2%
Rand - Euro
17.62
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.46
+0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.6%
Goud
1,706.35
-1.2%
Silwer
20.27
-3.8%
Palladium
2,294.50
-1.2%
Platinum
921.50
-1.3%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,405
-0.7%
Alle aandele
65,826
-0.7%
Hulpbronne 10
63,657
-1.4%
Industriële 25
79,717
-0.4%
Finansiële 15
14,005
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Kom ons skryf on eie verhaal
Baie vriendelik. Ek hou daarvan om in die buitelig te wees. Ek hou daarvan om in natuur. Ek doen scuba diving en ballroom dans. Ek hou daarvan om n iewers te gaan sit waar dit...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot