AFGRI
BEAN
05 Jul
-
8645
0,00
CORN
05 Jul
-
4108
0,00
SOYA
05 Jul
-
8368
0,00
SUNS
05 Jul
-
10306
0,00
WEAT
05 Jul
-
7490
0,00
WMAZ
05 Jul
-
4309
0,00
YMAZ
05 Jul
-
4283
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
24 Jun
-
60,13
0,04
Beeste AB2/3
24 Jun
-
57,78
0,16
Beeste B2/3
24 Jun
-
53,27
-0,33
Beeste C2/3
24 Jun
-
47,34
0,58
Bevrore Hoender
24 Jun
-
30,91
0,02
Bokkies (onder 30 kg)
24 Jun
-
68,01
-4,77
Bokooie
24 Jun
-
62,41
8,57
Groot (meer as 40 kg)
24 Jun
-
46,26
0,61
Hoender (IQF)
24 Jun
-
29,67
-0,30
Medium (30-40kg)
24 Jun
-
57,08
-0,23
Pork Average
24 Jun
-
27,15
-0,03
Poultry Average
24 Jun
-
30,68
-0,08
Skaap A2/3
24 Jun
-
105,21
-2,43
Skaap AB2/3
24 Jun
-
87,48
-0,05
Skaap B2/3
24 Jun
-
81,33
0,49
Skaap C2/3
24 Jun
-
76,9
-1,16
Speenkalf
24 Jun
-
36,17
-0,75
Spekvarke
24 Jun
-
28,11
0,31
Stoorlammers
24 Jun
-
53,52
0,23
Varkwors
24 Jun
-
22,34
0,14
Vars Hoender
24 Jun
-
31,45
0,03
Vleisvarke
24 Jun
-
27,07
-0,03

Boere in Oos-VS vat hande met Maluti-PALS

akkreditasie
Op die stigtingsvergadering van Maluti-PALS in Bethlehem was van links, dr. Agnes Setai, mnre. Gert Bester, Piet Potgieter, Rami Ramanamane, Nakana Masoka en Tsolo Mopeli. Almal is stigterslede en direkteure van die inisiatief.  Foto: Vida Booysen
Op die stigtingsvergadering van Maluti-PALS in Bethlehem was van links, dr. Agnes Setai, mnre. Gert Bester, Piet Potgieter, Rami Ramanamane, Nakana Masoka en Tsolo Mopeli. Almal is stigterslede en direkteure van die inisiatief. Foto: Vida Booysen
Boere het veels te lank ’n ondergeskikte rol in grondhervorming gespeel, al is hulle op voetsoolvlak in ’n beter posisie om oplossings aan die hand te doen.

Dít moet nou dringend verander, was die boodskap van sprekers op die stigting van Maluti Farming-PALS, ’n transformasie-inisiatief geskoei op die suksesvolle Witzenberg-PALS.

Sowat 50 Oos-Vrystaatse kommersiële en opkomende boere, verteenwoordigers van landbou-ondernemings, landbou-organisasies en regeringslui het die stigtingsvergadering op 28 Januarie op Bethlehem bygewoon. Dit volg kort op die hakke van die stigting van die Mpumalanga-PALS op 15 Januarie in Mbombela in Mpumalanga.

“As verhoudings op grondvlak nie verbeter nie, kan ons soveel transformasie doen as wat ons wil, soveel grond oordra as wat ons kan, maar dit sal nie help nie,” het mnr. Piet Potgieter, bestuurder van landbou-ontwikkeling by VKB en een van die stigters van Maluti-PALS, in sy voorlegging gesê.

Veilig

Potgieter het gesê hulle wil met die inisiatief vertroue, maatskaplike samehorigheid en harmonie in die gemeenskap skep.

“Boere moet veilig voel in die wetlike omgewing. Die projekte moet gerugsteun word deur gesonde sakeplanne, opleiding, monitering, die saamgroepering van die regte vennote en ‘n meganisme om konflik op te los. Dit kan ons volgens die PALS-model bied.”

Skaalvoordele word ook bereik wanneer gefragmenteerde projekte deur enkele boere saamgevoeg word. Op groter skaal kan finansiering ook makliker bekom word.

Maluti-PALS word saam deur kommersiële en opkomende boere bestuur as ’n organisasie sonder winsoogmerk. Die klem is op streekgerigte projekte en oplossings. Tog wil hulle ook sinergie onder boere van verskillende streke skep deur die PALS-model nasionaal uit te brei terwyl samewerking met regeringsinstellings ook nou gefinaliseer word. 

Bloudruk

Die suksesvolle model wat die Witzenberg-PALS-inisiatief die afgelope vyf jaar ontwikkel het, dien as blouddruk vir die nuwe takke wat nou gestig word. PALS is ‘n akroniem vir Partnership in Agricultural Land Solutions. Dit is in 2014 as ’n private sektor-inisiatief deur boere van Ceres in die Wes-Kaap op die been gebring. Dit het talle nuwe volhoubare landbou-ondernemings gevestig en het groot lof van die regering ontvang.

Me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, het in haar toespraak op die stigting van Maluti-PALS erkenning gegee aan die leiding wat boere neem  om self ongelykhede aan te pak en armoede in hul omgewing te verlig.

“Die regering is bewus daarvan dat daar Suid-Afrikaners is wat gewillig is om die bietjie wat hulle het, ter wille van ’n beter Suid-Afrika te deel. Die beleid oor grondskenkings wat ons nou formuleer, sal hulle makliker in staat stel om dit te kan doen,” het Didiza gesê. Sy glo die inisiatief sal bydra tot landelike ontwikkeling en beter marktoegang vir opkomende boere. 

Sy aan sy

Op haar beurt het dr. Agnes Setai, ’n boer van Vrede en lid van die stigtingskomitee van Maluti-PALS, gesê sy het deur haar betrokkenheid by die inisiatief besef hoeveel kommersiële boere graag wil uitreik na opkomende boere in hul distrikte.

“Ons het geleer dit help nie ons werk in silo’s nie, ons moet sy aan sy staan en elkeen moet verantwoordelikheid neem vir ons gesamentlike sukses.”

Haar siening is beaam deur mnr. Gert Bester, ’n kommersiële boer van Petrus Steyn. “Ons is hier om te help en ons wil sien dat ons medeboere suksesvol is.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.28
+0.5%
Rand - Pond
19.70
+0.4%
Rand - Euro
16.98
+0.4%
Rand - Aus dollar
11.16
+0.6%
Rand - Jen
0.12
+0.8%
Goud
1,809.42
+0.0%
Silwer
20.06
+0.4%
Palladium
1,941.77
+0.4%
Platinum
887.00
0.0%
Brent-ruolie
113.50
+1.7%
Top-40
60,902
0.0%
Alle aandele
67,025
0.0%
Hulpbronne 10
63,634
0.0%
Industriële 25
81,244
0.0%
Finansiële 15
14,837
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Betroubaar eerlik.
Ek is 'n verantwoordelike persoon, betroubaar, vindingryk, selfstandig en het wye belangstellings. Meestal 'n huishen maar ook baie lief vir die natuur, rustigheid en...
Wie weet
Ek is n selfstandige vrou en hou daarvan om nuwe mense te ontmoet en nuwe plekke te ervaar. My Hemelse Vader kom eerste. Ek geniet die lewe ten volle. Geniet sport en goeie musiek.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot