AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Boere juig oor koring-oes

In 'n tyd wat emosies hoog loop en onsekerheid heers, bring 'n groter as verwagte koring-oes hoop vir Wes-Kaapse boere.

Die koringbedryf in Suid-Afrika is die enigste bedryf wat elke dag ’n draai in bykans elke huishouding in die land gaan maak.

Mnr. Andries Theron, ondervoorsitter van GraanSA, sê hulle is dus baie dankbaar vir en opgewonde oor die aanduidings dat die koring-oes tans groter is as wat aanvanklik verwag is.

“Van die boere in die Suid-Kaap het ongekende groot oeste afgehaal, met party wat van 4,5 tot 5 ton per ha ingebring het,” vertel Theron. Theron het op sy eie plaas naby Koringberg in die Swartland ’n gemiddelde oes van 2,8 tot 3 ton per ha aangeteken.

Wes-Kaap se koring-oes feitlik ingesamel
Weens die verskeie uitdagings wat boere ondervind met die aanplanting van koring, hoë insetkoste en die prys, is aan die begin van die seisoen verwag dat minder as die helfte van die koring wat die land benodig, geplant sou word. Sowat 90% van die koring-oes in die Wes-Kaap is reeds van die lande af, terwyl koringboere in die Oos-Vrystaat tans besig is om te oes of binnekort sal begin oes.

“Die broodprys het ’n impak op kospryse vir ryk en arm, en selfs net 200 000 of 300 000 ton méér koring kan besparings vir die bedryf en op die ouend vir die verbruiker tot gevolg hê,” verduidelik Theron.

Hy meen die groter koring-oes kan ook die impak van die skade wat reën in Oktober die jaar aan gars-aanplantings in die Suid-Kaap aangerig het, versag. “Die voorraad van moutgars in die wêreld is ook tans van so ’n aard dat kopers die gars wat aangebied word, moontlik sal gebruik.”

* Landbou.com het vroeër die maand koringboere in die Swartland gaan besoek. Kyk gerus na die video wat op mnr. Francois Eksteen se plaas Elandsfontein geskiet is.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.96
-2.0%
Rand - Pond
19.39
+0.3%
Rand - Euro
17.36
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.70
+0.0%
Rand - Jen
0.12
+0.1%
Goud
1,643.40
-0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat se jy, ek en jy loop die pad saam tot in Ewigheid.
Ag dis nie my keuse om vir iemand te seh hul moet my leer ken nie. Ek gaan nie eers my tyd mors nie, maar ek sal my tyd gee vir die wat my regtigwaar wil leer ken en n pad saam...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot