AFGRI
BEAN
05 Okt
-
8977
-39,00
CORN
05 Okt
-
4903
23,00
SOYA
05 Okt
-
9240
-25,00
SUNS
05 Okt
-
10195
-15,00
WEAT
05 Okt
-
7202,4
33,40
WMAZ
05 Okt
-
4946
30,00
YMAZ
05 Okt
-
4864
8,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Boere kan ook grondeise indien

Wetgewing gooi die deur oop vir boere wat deur die apartheidsregering onteien is, om eise vir hul grond in te dien.

Almal, boere ook, kan voortaan vergoeding eis vir grond wat deur die apartheidsregering onteien is sonder om voldoende daarvoor te vergoed.

Pres. Jacob Zuma het die heropening van grondeise goedgekeur. Dit sal nou tot 30 Junie 2019 strek. Hy het ook die wetgewing onderteken wat die totstandkoming van ‘n grondwaardeerder-generaal moontlik maak.

Zuma het die wysigingswetsontwerp op die herstel van grondregte en die wetsontwerp op eiendomswaardering onderteken. Dus val die woord “ontwerp” nou weg en die wetgewing staan nou bekend as die Wysigingswet op die Herstel van Grondregte en die Wet op Eiendomswaardering.

Die Wysigingswet op die Herstel van Grondregte maak voorsiening dat diegene wat nie met die eerste ronde vir grondeise (wat op 31 Desember 1998 geëindig het) eise ingedien het nie, nou vyf jaar kans het om dit te doen.

Luidens die wetgewing kan enigiemand wat grond ná 19 Junie 1913 weens rasgebaseerde, diskriminerende wetgewing of praktyke verloor het of nie billik en regverdig vergoed is nie, soos bepaal in die Grondwet, ’n eis instel.

Mnr. Nico van Rensburg, ’n Randburgse prokureur wat al begin het om ’n databasis van moontlike eisers op te stel, sê die wetgewing maak die deur oop vir boere wat te min vergoeding gekry het toe hul plase vir tuislande en die konsolidasie van tuislande gekoop of onteien is. Op sy datalys is reeds ’n groot aantal mense wat meer as 100 000 hektaar eis.

Van Rensburg sê hy wag nou vir magtiging van die voornemende eisers op die lys om die eise in te dien. Intussen werk die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming nog aan ‘n beleid sodat die Khoi- en San-gemeenskap grond kan eis wat voor 1913 ontneem.

Dié beleid sal insluit die eis van erfenisgebiede en geskiedkundige landmerke wat deur alle Suid-Afrikaners, wit of swart, geëis kan word. Dié uitsonderings beteken egter nie dat dit dieselfde vorm as restitusie gaan aanneem nie.

Mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, sê heelwat gesprekke is met dié bevolkingsgroep gevoer en leiers van die gemeenskap sal die Regering help met maatreëls om te bepaal hoe om die Khoi en San te identifiseer.

Teen 31 Maart vanjaar was 77 622 grondeise voltooi en 1,6 miljoen hektaar aan begunstigdes oorgedra. Die departement het teen daardie tyd R24,4 miljard aan die restitusieprogram bestee. Daarvan was R7 miljard as finansiële vergoeding uitbetaal, R15,8 miljard vir die koop van grond en R1,4 miljard om die nuwe begunstigdes wat grond gekry het, te help.

Die departement wil 1,1 miljoen hektaar wat “strategies geleë is” vir die herverdeling van grond en landbou-ontwikkeling teen 2019 bekom.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.72
-0.5%
Rand - Pond
20.23
-0.0%
Rand - Euro
17.63
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.50
-0.3%
Rand - Jen
0.12
-0.3%
Goud
1,715.42
-0.6%
Silwer
20.73
-1.6%
Palladium
2,307.49
-0.7%
Platinum
926.50
-0.8%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,503
-0.6%
Alle aandele
65,947
-0.6%
Hulpbronne 10
63,740
-1.3%
Industriële 25
79,838
-0.3%
Finansiële 15
14,060
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opskrif
Ek is fun Om mee SAAM te wees. Hou van lag en Om te bederf. Hou van Kos maak, movie, shopping, uit eet, rond te loop in malls love Dans rugby braai . Om te hug hande vas the Hou...
Soek my maat!
Ek hou van golf speel en fiets ry. Ek geniet om dinge saam met my maat te doen maar ek hou ook van my eie tyd.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot