AFGRI
BEAN
07 Okt
-
9032
82,00
CORN
07 Okt
-
4893
0,00
SOYA
07 Okt
-
9550
20,00
SUNS
07 Okt
-
10555,2
75,20
WEAT
07 Okt
-
7210
0,00
WMAZ
07 Okt
-
5090
30,00
YMAZ
07 Okt
-
4700
-4,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Boere klim Mbeki in op Agri SA-kongres

Suid-Afrika se boere het pres. Thabo Mbeki en die regering behoorlik oor onder meer die swye oor die gebeure in Zimbabwe ingeklim. Daar word gevrees dat die verjaging van boere van hul plase dáár hierheen kan oorwaai.

Suid-Afrika se boere het pres. Thabo Mbeki en die regering behoorlik oor onder meer die swye oor die gebeure in Zimbabwe ingeklim. Daar word gevrees dat die verjaging van boere van hul plase dáár hierheen kan oorwaai.

Mnr. Japie Grobler, president, het op die eerste dag van Agri SA se 98ste

jaarkongres sy teleurstelling uitgespreek omdat Mbeki weens ander verpligtinge

nie self sy standpunt oor Zimbabwe kon stel of die saak opklaar nie. Me. Thoko

Didiza, minister van landbou en grondsake, kon dit ook nie bywoon nie.

Dit is die eerste keer dat die regering sulke skerp kritiek van die

georganiseerde landbou verduur het sedert AgriSA minder as 'n jaar gelede saam

met die regering 'n strategiese landbouplan vir Suid-Afrika bekend gemaak het.

Grobler het die boere opnuut tot dié plan verbind en gesê daar sal nie "stof

op vergader" nie. Hy het egter die sambok vroeg ingelê toe hy die boere se saak

gestel het.

"Dit is 'n ondiens teenoor Suid-Afrika as dié politieke en regeringskwessies

nie daadwerklik en klinkklaar uit die weg geruim word nie. Vraagstukke soos dié

oor Zimbabwe moet op 'n verstaanbare manier gepak word."

Mbeki moet self standpunt oor die "wettelose aanspraak" op grond in Zimbabwe

inneem. Ander leiers sê dit sal nie na Suid-Afrika oorwaai nie. "Dit is egter

nie oortuigend as dié versekering nie gepaardgaan met 'n duidelike openbare

veroordeling nie."

In 'n onderhoud ná sy toespraak het hy gesê die wêreldsiening van die streek

oor Zimbabwe moet reggestel word. As die regering hieroor swyg, is dit ook 'n

standpunt waarvan die vertolking nadelig kan wees.

In sy rede het hy gesê dit het ook op die waarde van die rand 'n uitwerking

"grootliks" weens politieke vertwyfeling, nie die ekonomie of die beleid van die

regering nie.

Grobler het gesê Mbeki moet versekerings oor grondsake in die openbaar gee.

Misdaad en korrupsie moet bestry word. Staatsbates moet verder geprivatiseer

word. Die land sukkel met bestuur en die uitvoer van beleid. Ander sake is:

  • Ná 'n jaar is nog geen vordering met 'n ooreenkoms oor

    grondhervorming gemaak nie.

  • Daar is 'n traagheid om tot 'n vergelyk oor die

    problematiese wette oor verblyfreg en huurarbeiders te kom.

  • 'n Dringende nasionale wet oor grondbelasting op plase is

    nodig om onsekerheid op te klaar.

  • Agri SA word ondanks hervorming nie gelyk behandel nie.

  • Voedselhulp moet eerder regstreeks aan armes beskikbaar

    gestel word pleks daarvan om die markekonomie met byvoorbeeld prysbeheer te

    versteur.

  •  Nie vertroue met ondeurdagte en oorhaastige optrede

    oor swart bemagtiging te skaad nie.

  • AgriSA word dikwels te laat by gesprekke betrek of

    geraadpleeg. "As vennoot verwag ons nouer en meer vroegtydige samewerking."

  • Groter nasionale konsensus moet bereik word oor hoe die

    land se maatskaplike en ekonomiese toekomssiening bereik kan word.

  • Suid-Afrika moet nie sy beheer oor tariefvasstellings

    afstaan nie, terwyl verwringende of twyfelagtige subsidies (soos deur Amerika)

    uitgeskakel moet word.

  • 'n Verstandhouding is nodig oor hoe armoedebestryding en

    ekonomiese vooruitgang deur die landbou bewerkstellig kan word in die

    Afrika-unie en in Nepad.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.99
+0.1%
Rand - Pond
20.14
-0.2%
Rand - Euro
17.63
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.1%
Goud
1,708.33
-0.3%
Silwer
20.65
-0.0%
Palladium
2,269.47
+0.3%
Platinum
930.55
+0.6%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,243
-0.3%
Alle aandele
65,637
-0.3%
Hulpbronne 10
63,182
-0.2%
Industriële 25
79,687
-0.4%
Finansiële 15
13,997
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enkel man wat soek na sy diamant.
Ek is n gewone man, wat lief is vir mense en diere. N man wat soekend is na sy diamant in hierdie deurmekaar wereld. Ek soek n maat, n friend, n venoot en iemand om viir lief te...
Believe in yourself..not everyone is the same.
Vriendlike. spontaan en liefde vol. kan met enige persoon oor die weg kom. vis vang. braai. kamp. kos maak en bak. geniet bomfire. hou van dans.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot