AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9689,6
63,60
CORN
03 Feb
-
4495
-57,00
SOYA
03 Feb
-
8644
-3,00
SUNS
03 Feb
-
10118
-243,00
WEAT
03 Feb
-
6693
-35,00
WMAZ
03 Feb
-
4294,2
-34,80
YMAZ
03 Feb
-
4363
-34,00

Boere maak vernuftige planne met alternatiewe krag

akkreditasie
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
Eskom kan gerus by boere kers opsteek om uit te vind hoe vindingryke en pasgemaakte kragoplossings groot tot middelslagboerderye help om midde-in Suid-Afrika se kragkrisis aan te hou produseer.

Landbouweekblad het Maandag sy tweede Gee my Krag!-webinaar (klik hier om dit te kyk) aangebied waartydens boere hul energie-oplossings gedeel het.

Al die boere is dit eens: Dit is die moeite werd om alternatiewe kragbronne in te span; maak nie saak wat die grootte van ’n boerdery óf tipe stelsel nie, maar doen jou huiswerk en navorsing deeglik en moet liefs nie die eerste voorstel vir ’n kragoplossing goedsmoeds aanvaar nie.

Só kan jy saam met Eskom werk

Mnr. Hentie Helm van Helm Broers-boerdery, ’n gemengde boerdery in die distrik Hoopstad, gebruik ’n sonkragstelsel wat ’n kapitaalbelegging van ongeveer R500 000 benodig het.

Die sonkrag word onder meer in die werkswinkel en vir besproeiing gebruik.

Helm is so in sy noppies met die stelsel dat daar reeds planne is om dit uit te brei. Helm spaar onder meer reeds op sy kragrekeninge aangesien hy suksesvol krag in die Eskom-netwerk terugplaas; iets waarmee heelwat ander boere baie frustrasies het. Hy het ook omgeswaai na die Ruraflex-tariefstelsel.

“Ons het eers vir agt maande ons kragverbruik gemonitor om sodoende eerstens die behoeftes te bepaal. Ons het toe besluit op ’n stelsel van 33 kW met 31 kW-sonpanele.”

Volgens hom is die opbrengs op sy belegging sonder tariefverhogings bygewerk, van 20% tot 24%, na gelang van die tyd van die jaar en die krag wat op sy plaas verbruik word.

Volgens hom het sy kragrekening met ongeveer R15 000 per maand geval. “ ’n Rekening is nou van R3 500 tot R5 000 per maand en sluit huur en administratiewe koste in. Dit is dus vir my winsgewend en ek kan wat ek spaar, op ander plekke gebruik.”

Wanneer beurtkrag inskop, raak dit wel plaasbedrywighede, maar hy voel dit is steeds nie nodig om byvoorbeeld ’n batterystelsel te installeer nie.

Hy glo ook die feit dat hy byvoorbeeld alle betrokke persone en partye met sy aansoekprosesse in e-posse ingesluit het, kon help om sy ervaring met Eskom te vergemaklik aangesien almal kon tred hou met hoe die proses verloop.

As dinge nie uitwerk met Eskom nie

Nie alle boere wat self krag opwek, is tevrede met die Eskom se stelsel waarvolgens opgewekte energie terug in die netwerk geplaas kan word nie.

Mnr. Lourens du Plessis van die Louma-boerdery wat saaiboerdery, beeste en wild insluit, se bedrywighede strek oor 12 plase in verskeie provinsies.

Sy stelsel kan ongeveer 9 MW se sonkrag op sewe persele opwek en só ongeveer 1 300 huishoudings van krag voorsien.

Volgens Du Plessis was hul stelsel aanvanklik een wat aan die Eskom-netwerk krag kon voorsien, maar dit het te veel frustrasies veroorsaak en daarom doen hulle dit nie meer nie.

“Eskom is nou ons alternatiewe kragverskaffer. Louma-boerdery se hoofenergiebronne is sonkrag en die batterystelsel, nie Eskom nie.”

Die eerste gedeelte van die projek het behels om werkers se huise en kantore met sonkrag, batterye en gasstowe toe te rus. Hierna is gekonsentreer op die kommersiële stelsel.

Volgens hom het hulle reeds 25 km se kraglyne self gespan en is amper klaar met hierdie projek.

“Ons is nou ongeveer 65% onafhanklik van Eskom,” sê hy. “Ons besproei 2 500 ha met dié stelsel, die batterystelsel se opbergingskapasiteit is 8 MW en ons gebruik ’n wisselrigter van 5,5 MW.”

As die son nie skyn nie

Hy sê die intensiteit van die son het hulle geleer om ’n batterystelsel in te bring tesame met ’n bystandkragopwekker.

Hul batterystelsel is nie van die duurste nie aangesien dit net twee uur se kapasiteit het. “ ’n Battery met ’n kapasiteit van 12 uur kapasiteit is verskriklik duur. Ons het dus ook ander bedryfsbeplanning gedoen, soos om pompe op vlotte te sit wat ons 30% se krag laat bespaar, en laedrukbesproeiingsreguleerders te gebruik wat ongeveer 20% krag bespaar.

“Die battery se hoofdoel is om elke oggend teen 07:00 te begin werk. Teen middagete skyn die son al goed en die battery is vol gelaai vir twee uur.”

Elke plaaseenheid het ’n verskillende grootte battery.

“Al verloor ’n battery oor 10 jaar doeltreffendheid, kan ons dit skuif na kleiner plaaseenhede, soos ons daarvoor beplan.”

Hou Landbou.com dop vir nog nuus uit die webinaar.
 

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.14
-0.3%
Rand - Pond
20.97
-0.3%
Rand - Euro
18.71
-0.3%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.3%
Platinum
1,025.99
+0.1%
Palladium
1,697.04
+1.6%
Goud
1,914.99
+0.1%
Silwer
23.50
+0.1%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
73,799
+0.2%
Alle aandele
79,957
+0.2%
Hulpbronne 10
74,747
+0.1%
Industriële 25
102,952
+0.3%
Finansiële 15
16,593
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Hardwerkende man wat hou van die natuur en besig wees.
Ek is n pappa van 4 kinders (2 seuns en 2 dogters). Hou baie van die buite lewe en geniet dit baie om te dans. n Aand uit is net so nodig soos n Sondag middag op die bank. Vat...
Kom ons sien wat gebeur
Wel eks nie iemand wat oordeel nie. Wees jouself. Ek luister graag. Eerlik en opreg en hou nie van jok nie. [removed]
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot