AFGRI
BEAN
04 Okt
-
9192
-138,00
CORN
04 Okt
-
4891
-69,00
SOYA
04 Okt
-
9287
-78,00
SUNS
04 Okt
-
10215
35,00
WEAT
04 Okt
-
7166
-33,00
WMAZ
04 Okt
-
4923
-61,00
YMAZ
04 Okt
-
4868
-62,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Boere moet dink soos misdadigers

Beperk die kontant en vuurwapens op jou plaas, beveilig jou eiendom voldoende en wees deel van 'n sigbare plaaswagstelsel.

Suid-Afrikaners is die afgelope tyd geteister deur 'n vlaag rooftogte en moorde in landelike gebiede. Daar bestaan ’n persepsie dat álle boere welgesteld is en baie vuurwapens besit, sê dr. Johan Burger, senior navorser: misdaad- en strafregprogram van die Instituut vir Sekerheidstudies in Pretoria. “Ons het dit gesien tydens ondervraging van veroordeelde aanvallers en ook met polisie-ondersoeke waar beide beskuldigdes en getuies ter sprake was,” sê Burger.

Geld praat die hardste
Hy sê kontant is die nr. 1-artikel waarna misdadigers soek, en dit geld ook by huisrooftogte in stedelike gebiede. “Dit gebeur deesdae darem min dat boere groot bedrae geld by hulle het. Landbou-unies het boere ook al in dié verband goed ingelig. Ons moet onthou misdadigers hou jou werkwyse dop: hulle weet ’n boer ry na die naaste dorp om geld te gaan trek om werkers se lone te betaal. Werkers praat dalk onskuldig oor die lone, of sien self ’n geleentheid om geld te maak,” verduidelik Burger. Sy raad aan boere is om ’n stelsel in werking te stel waar werkers hul eie bankrekenings kan bekom. “Dan kan boere die geld elektronies daarin oorbetaal. Boere kan eerder hul werkers byvoorbeeld een keer ’n week dorp te neem om hul geld daar te gaan trek.”

Beperk dus kontant op jou eiendom tot die minimum, benadruk Burger. Die boodskap wat na misdadigers daar buite uitgestuur moet word, is dat daar géén kontant op jou perseel is nie.”

Hoeveel vuurwapens?
Benewens kontant, is vuurwapens, juweliersware en elektroniese ware natuurlik ook gesogte artikels onder misdadigers, sê Burger. “Dit is ’n algemene feit dat boere vuurwapens op hul plase het. Een positiewe aspek ingevolge die Wet op die Beheer van Vuurwapens is dat die aantal vuurwapens wat iemand besit, tot die minimum beperk moet word,” meen Burger. “’n Mens moet jouself afvra hoeveel vuurwapens het jy nodig om jouself te beskerm. Ons het al mense met dubbelsyfer-getalle vir vuurwapens teëgekom. Natuurlik is daar begrip vir geregistreerde jagters of wapenversamelaars, sodanige uitsonderings bestaan wel. Maar ook boere moet die vuurwapens tot hul beskikking tot die absolute minimum beperk,” beklemtoon Burger. “Want die inligting oor hoeveel wapens jy besit, lek uit en maak jóú weer ’n teiken. Vind natuurlik ook wettige maniere om van jou oortollige vuurwapens ontslae te raak.”

Meer tyd vir misdaad
Boere se huise is ook meer geïsoleerd, wat hulle natuurlik ook maklike teikens maak. “In dorpe en stede is mense in roepafstand van mekaar en ingesteld op wat by mekaar se blyplekke aangaan. Daar bel mense die polisie en stel ondersoek in as iets verdag voorkom, en dikwels is die polisie ook nie ver nie. In ’n stedelike konteks is daar dus ’n goeie kans dat iemand beweging sal sien of hoor, die Oscar Pistorius-verhoor is ’n goeie voorbeeld daarvan, herinner Burger. “In stede is misdadigers bewus hiervan, veral ook dat hulle minder tyd het om op ’n misdaadtoneel deur te bring. Maar op plase en hoewes het hulle meer tyd, en misdadigers weet maar te goed die bure is ver. Selfs al word ’n alarm geaktiveer, neem die reaksietyd dikwels lank en die polisie is heelwat verder. Kortom, misdadigers het dus meer týd tot hul beskikking. Weens hierdie tyd-faktor word slagoffers op hoewes of plase dikwels meer aan ernstige beserings of selfs marteling onderwerp.”

’n Sigbare plaaswagstelsel
Veiligheidsmaatreëls is dus van groot belang op hoewes en plase, en boere moet deeglik daarvoor beplan, sê Burger. “Dis wel maklik om te s? voorkom toegang tot plase, maar ’n plaas is ook ’n sake-onderneming waar die mense wat daar werk, vrye beweging moet hê. Maar deur middel van ’n georganiseerde, sigbare plaaswagstelsel (soos die buurtwagte in stede) kan die boodskap uitgestuur word dat misdadigers óók reaksie van buurplase kan verwag. Wanneer aanvalle beplan word, moet hulle dus weet daar gaan ’n snelle reaksie wees met nie soveel tyd tot hul beskikking nie.” Die fisieke veiligheidsaspekte en die netwerking daarom heen, is dus van die grootste belang op plase.

Burger beklemtoon ook daar is ’n nuwe landelike beveiligingstrategie in plek gestel waar noue samewerking tussen die polisie en die georganiseerde landbou bestaan. “Boere moet navraag doen hieroor."

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.63
+1.2%
Rand - Pond
20.23
-0.2%
Rand - Euro
17.61
-0.5%
Rand - Aus dollar
11.47
+1.3%
Rand - Jen
0.12
+0.8%
Goud
1,726.04
+1.5%
Silwer
21.05
+1.6%
Palladium
2,321.00
+4.3%
Platinum
934.50
+3.3%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
59,840
+3.3%
Alle aandele
66,313
+3.2%
Hulpbronne 10
64,568
+4.5%
Industriële 25
80,073
+3.2%
Finansiële 15
14,053
+1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Verhouding moet op vertroue en eerlikheid gebou word, volkome ramantiek die beloning.
Leer my ken as nederig en 'n maklike persoon met christelike waardes sonder aanstelligheid wat vrede en liefde koester. Ek hou van kampeer met die karavaan en in die natuur...
Believe in yourself..not everyone is the same.
Vriendlike. spontaan en liefde vol. kan met enige persoon oor die weg kom. vis vang. braai. kamp. kos maak en bak. geniet bomfire. hou van dans.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot