AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Boere moet op hul regte staan — SA Graan

"Landbouleiers moet kennis neem van die indruk onder die land se boere dat hulle van hul plase af gedryf word en openlik sterker standpunt inneem oor die regte van wit boere as burgers van Suid-Afrika. Die Regering moet sy houding jeens die wit boer in sy beleidsraamwerk en optredes weerspieël."

Só skryf SA Graan, spreekbuis van Graan Suid-Afrika in sy hoofartikel in die Oktober-uitgawe.

"Onrustigheid onder wit boere oor hul toekoms in Suid-Afrika neem toe, hoofsaaklik weens die gebeure in Zimbabwe en Namibië, maar ook weens gebeure in Suid-Afrika," skryf die blad.

In die artikel word daarop gewys dat elkeen in die landbou tans vra: "Gaan ons in Suid-Afrika dieselfde beleef as wat wit boere in Zimbabwe tans beleef?"

Die artikel gaan voort om te sê dat die erns van hierdie onrus onder wit boere gesien moet word teen die agtergrond van 'n goeie graanoes, hoë vleis- en ander pryse wat boere eintlik tot groot optimisme moet stem. Die vraag word dan gevra: "Is Suid-Afrika se boere net 'n negatiewe spul of dui hierdie onrustigheid op dieperliggende redes en ervarings van die toekomsmoontlikhede vir die wit landbou in Suid-Afrika?"

Die antwoord hierop lê in die die gewone boer se praktiese belewenis van sy toekoms in Suid-Afrika. "Op die keper beskou, beleef Suid-Afrika se boere in die praktyk reeds 'n Zimbabwe-situasie op hul plase."

Wetgewing oor sogenaamde onregmatige uitsettings maak boere magteloos om hul besigheid en eiendom te bestuur. Voorbeelde van intimidasie van boere deur die polisie is volop. Lasbriewe vir inhegtenisnemings teen boere word dikwels sonder 'n deeglike ondersoek teen boere uitgereik.

Voorts is daar wetgewing wat die grondslag van eiendomsreg aantas, soos die Waterwet, die Wet op Minerale en arbeidswetgewing wat die verhouding tussen boere en hul werknemers beduiwel. Dan is daar nog grondbelasting wat in sekere dele van die land só gehef word dat dit boere geldelik kan uitroei. Voortgesette plaasaanvalle en -moorde wek die indruk by boere dat hulle van hul grond verdryf word.

Al hierdie omstandighede voel vir die boer na 'n sameswering om hom konstruktief van sy grond te vervreem wat nie noodwendig deur die Regering se optredes en uitlatings besweer word nie.

"Wanneer pres. Thabo Mbeki swyg oor gebeure in Zimbabwe, ondanks sy eie voorstelle oor 'goeie regering' en die Nuwe Ekonomiese Program vir die Ontwikkeling van Afrika, wanneer adjunkpres. Jacob Zuma in die Parlement die posisie van Suid-Afrikaanse boere in Zimbabwe halfhartig hanteer, wanneer 'n politieke amptenaar in die Departement van Grondsake onverantwoordelike stellings oor grondonteiening maak om politieke doelwitte oor grondbesit te bereik en wanneer die georganiseerde landbou, ondanks alle pogings tot samewerking, steeds in belangrike landbousake gemarginaliseer word, word die negatiewe houding by boere oor die toekoms net versterk, pleks van besweer.

"Tensy hierdie gees van negatiwiteit en onrus in die landbou kragdadig aangepak word, is die toekoms op lang termyn vir 'n volhoubare kommersiële landbou in Suid-Afrika op die spel en loop ons die gevaar om nog een van Afrika se lande te word wat by die ryk lande bakhand staan vir aalmoese."

18 Oktober

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.07
-0.6%
Rand - Pond
20.16
+0.2%
Rand - Euro
17.68
+0.3%
Rand - Aus dollar
11.58
+0.1%
Rand - Jen
0.12
+0.1%
Goud
1,661.25
+0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek is opsoek na my beste vriend daar buite wat ook lief is vir haar self en vir mense,
Ek is n men's se men's, ek is lief vir lag en nog lag, ek is ook n Godvreesende man, maar ook lief om te gee in God se wil, ek is lief vir mense en hulle dinge, kook,...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot