AFGRI
BEAN
28 Sep
-
9340
-83,00
CORN
28 Sep
-
4851,2
34,20
SOYA
28 Sep
-
9364
-33,00
SUNS
28 Sep
-
9975
79,00
WEAT
28 Sep
-
7046
-7,00
WMAZ
28 Sep
-
4888
48,00
YMAZ
28 Sep
-
4737,8
55,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Boere moet veediefstal aanmeld

akkreditasie
Ter illustrasie. Foto: Fredalette Uys
Ter illustrasie. Foto: Fredalette Uys
Boere moet alle veediefstal by die polisie aanmeld, maar versuim dikwels om dit te doen omdat hulle min vertroue in die stelsels het wat misdaad moet bekamp, het mnr. Willie Clack, voorsitter van die nasionale veediefstalvoorkomingsforum, op die virtuele RPO-jaarkongres gesê.

Daar is ’n klomp probleme wat die veebedryf in die gesig staar, waarvan die nie-aanmelding van diefstal net een aspek is. Dit is nie tot Suid-Afrika beperk nie, maar ’n wêreldwye probleem omdat mense nie langer die stelsels vertrou nie, soos die polisie. Hulle meen dalk die voorval is te gering en praat eerder op sosiale media daaroor.

Clack het gesê die ander probleme sluit in ’n oningeligte gemeenskap wat wetgewing betref, onbetrokkenheid van die gemeenskap, gebrekkige toewyding van staatsaanklaers en die paroolbeleid.Dit is noodsaaklik dat boere hul vee merk, anders kan ’n slagoffer nie bewys dis sy vee wanneer diere teruggevind word nie. Hulle moet ook ’n getalleregister bygewerk hou, anders kan hulle nie akkurate syfers aan die polisie verskaf nie.

Boere is dikwels ontevrede as ’n veedief parool kry nadat hy ’n deel van sy tronkstraf uitgedien het. Die ondersoekbeampte of paroolraad kan die slagoffer nooi om ’n inset te lewer. Indien die ondersoekbeampte egter nie die boer se kontakbesonderhede het nie, kan hy dit nie doen nie. “Maak seker jy verskaf jou volledige besonderhede.”

Clack het gesê veediefstal het vir eerste keer waarvan hy bewus is, in alle provinsies gedaal. Die grootste daling gedurende die tydperk van die 2019-’20-boekjaar tot die 2020-’21-boekjaar was in die Vrystaat (-23,39%), Mpumalanga (-20,95%), Noordwes (-31,76%) en Limpopo (-21,26%).Beeste ter waarde van R779 085 000 is gedurende die 2020-’21-boekjaar in Suid-Afrika gesteel, wat effens minder as die 2019-’20-boekjaar se R862 030 000 is.

In die geval van skape en bokke het die waarde egter gestyg, al is minder vee gesteel, omdat vee nou duurder is. Die verlies weens skaapdiefstal het in die 2020-’21-boekjaar altesaam R211 747 200 bedra, teenoor R206 036 000 die vorige jaar. Bokke ter waarde van R116 812 400 is in die 2020-’21-boekjaar gesteel, teenoor die vorige jaar se R111 392 600.

Clack het gesê Suid-Afrika is gelukkig dat veediefstal as misdaad uitgelig word sodat statistieke daaroor gehou kan word. Die omvang is dus te alle tye meetbaar. Veediefstal word ook as ’n ernstige misdaad geskou.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.05
-0.2%
Rand - Pond
19.20
+0.7%
Rand - Euro
17.28
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.3%
Goud
1,635.88
+0.4%
Silwer
18.33
-0.3%
Palladium
2,088.50
+0.6%
Platinum
850.42
-0.4%
Brent-ruolie
86.27
+2.6%
Top-40
57,085
-0.9%
Alle aandele
63,467
-0.9%
Hulpbronne 10
57,476
+0.8%
Industriële 25
78,163
-1.4%
Finansiële 15
14,016
-1.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Boer soek boerin
Ek is 'n aangename persoon. Hou van mense. Lief vir diere en die natuur. Goeie humorsin. Ek is finansieël stabiel.
Kom ons begin om n "chapter" te skryf
Ek wonder soms of dit die moeite werd is om my te leer ken. maar. dit is verseker! Gee dit n kans.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot