AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Boere mor oor Melk SA

Ongedurigheid onder melkboere het by twee geleenthede tydens vanjaar se Suiwel-Ekspo in Bloemfontein kop uitgesteek.

Eers het 'n groepie jong melkboere op die jaarvergadering van die Vrystaatse Melkprodusente-organisasie (MPO-Vrystaat) 'n mosie van wantroue in die onlangs gestigte Melk SA gestel. Hul motivering daarvoor was:

*In April 2002 het mnr. Robert Wesseloo, voorsitter van Melk SA, tydens die boerebetoog in Pretoria gesê daar is nie 'n melktekort nie. In Mei 2002 skiet die invoer van suiwelprodukte egter die hoogte is.

*Daar is samewerkingsooreenkomste tussen die meeste melkkopers. Daarom is daar in tye van tekorte geen gesonde mededinging meer nie. Melkboere se pryse bly dus konstant onder druk.

*Die gesamentlike bedryfsvergadering wat deur boere aangevra is, word net uitgestel of afgemaak as nie haalbaar nie.

*Die gevolgtrekking is dus dat kopers net op hulself, invoer en korttermynwins ingestel is en geensins in die melkboere se oorlewingsvermoë en voortbestaan geïnteresseerd is nie.

*Dié groep wou ook weet wie die MPO toestemming verleen het om deel van Melk SA te word.

Die mosie is na Melk SA verwys.

Die tweede voorval was die volgende dag op die aarvergadering van Holstein SA toe mnr. Kallie Smit van die vloer af betoog het dat die Ekspo "nie meer lekker is nie". Die Suiwel-Ekspo het sy ontstaan aan Holstein SA te danke, maar nou het die MPO die Ekspo gekaap, het hy gesê.

Hy het groot applous uitgelok toe hy na die MPO se belofte aan lede verwys het, naamlik dat hulle na die melkprys kyk. Dit is as 'n onwaarheid afgemaak, want: "die MPO doen niks aan die melkprys nie."

Mnr. Pierre Jacobs, vise-voorsitter van die MPO-Noord, het in reaksie verwys na die dringendheid van samewerking. "Afbrekende optrede gaan niks help om die situasie in die melkbedryf te beredder nie. Samewerking is nou meer as ooit tevore nodig. Saamstaan en saampraat om helderheid te verkry, is al uitweg," het hy gesê.

Mnr. Machiel Scheepers, uittredende voorsitter van Holstein SA, het die bespreking soos volg afgesluit: "Daar is duidelike ongelukkigheid onder melkboere oor die feit dat die MPO, wat deur hulle gefinansier word, in die nuwe alliansie (Melk SA) met melkkopers heul."

Die nuutverkose raad van die telersgenootskap het die dagbestuur van die MPO na 'n volgende raadsvergadering genooi.

27 September 2002

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.02
-0.4%
Rand - Pond
20.05
-0.5%
Rand - Euro
17.67
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.69
-0.2%
Rand - Jen
0.12
-0.3%
Goud
1,663.44
+0.2%
Silwer
18.86
+0.2%
Palladium
2,187.00
-0.8%
Platinum
870.50
+0.3%
Brent-ruolie
88.49
-0.9%
Top-40
56,921
0.0%
Alle aandele
63,264
0.0%
Hulpbronne 10
59,793
0.0%
Industriële 25
76,769
0.0%
Finansiële 15
13,707
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek is opsoek na my beste vriend daar buite wat ook lief is vir haar self en vir mense,
Ek is n men's se men's, ek is lief vir lag en nog lag, ek is ook n Godvreesende man, maar ook lief om te gee in God se wil, ek is lief vir mense en hulle dinge, kook,...
Geloof, Hoop, Liefde
Ek is sag en liefdevol, n omgee en hartsmens, wat lief is vir die natuur, diere, kinders en oumense. Ek hou van lag, selfs vir myself en kan lekker jonk van gees wees en steeds...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot