
Hy sê daar is informeel kwessies aangeraak wat van grondsake tot die oopstel van landboumarkte, gebrek aan infrastruktuur en die vestiging van opkomende boere gestrek het. “Dit was ’n baie positiewe ontmoeting wat die landbou sal bevoordeel.”
Die uitstappie op mnr. Petrus de Wet se plaas in die Sterkstroom-distrik is onder meer bygewoon deur mnr. Ernst Pringle, voorsitter van Agri Oos-Kaap, dr. Pieter Prinsloo voorsitter van die Oos-Kaap Rooivleisprodusente-organisasie en mnre. Mlibo Qoboshiyane die LUR vir landbou in die Oos-Kaap asook verteenwoordigers van die organisasie vir opkomende rooivleisboere (Nerpo) en National African Farmers’ Union (Nafu) in die provinsie.
Volgens Labuschagne het de Wet Qoboshiyana tydens Agri Oos-Kaap se jaarkongres in die Baai genooi om by hom te kom jag. “Mnr. Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC het die gesprek beluister en vir Qoboshiyana opdrag gegee om dit te aanvaar. Gaan skiet vir jou ’n bok en wys die boere hoe goed jy is,” het Mantashe geskerts.
Labuschagne sê Pringle se verduideliking hoe boere onder die vorige bedeling in die Visrivier gevestig is en vandag baie suksesvol is, met groot belangstelling aangehoor is. Qoboshiyana het na die jagtog, waar hy ’n Blesbok platgetrek het, ’n inskrywing op sy Facebook-profiel gemaak oor sy ervaring en hoe daar oor kultuurgrense heen bande gesmee is. Ook dat hy groot waardering het vir die veiligheidsmaatreëls wat die boere tydens jagtogte tref om te verseker dat niemand beseer word nie.
Die LUR het gevra om op 23 September ’n formele vergadering met die verteenwoordigers van die onderskeie organisasies was teenwoordig in Port Elizabeth te hou wanneer hy BKB se pakhuis sal besoek.