AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9634
0,00
CORN
27 Sep
-
4759
-49,00
SOYA
27 Sep
-
9430
52,00
SUNS
27 Sep
-
9871
-97,00
WEAT
27 Sep
-
7065
7,00
WMAZ
27 Sep
-
4842
-24,00
YMAZ
27 Sep
-
4777
-21,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Boere raak wêreldwyd al hoe minder

Boeregetalle het oor drie jaar met meer as 15 000 gedaal terwyl die wêreld meer voedsel verbruik as wat hy kan produseer.

Verbruikers raak gereeld kriewelrig oor die stygende pryse van voedsel, maar dit wil voorkom asof hulle daaraan gewoond moet raak, veral as die daling in die aantal boere in ag geneem word. Dis nie net ’n plaaslike tendens dat boere minder word nie, dit gebeur regoor die wêreld. Volgens 'n artikel in Vrystaat Landbou se nuusbrief het die aantal plase in Amerika tussen 1980 en 2008 van 5,6 miljoen na 2,2 miljoen afgeneem.

Jeff Anderson, redakteur van Modern Combat and Survival Magazine sê volgens statistiek was 2013 die sesde jaar in ’n ry wat die wêreld meer voedsel verbruik het as wat hy kan produseer. Die wêreld se graanvlakke is nou die laagste sedert 1974. “Jy hoef nie ’n wetenskaplike te wees om die wiskunde te doen en te besef dat ons voedselproduksie ernstig in gedrang is nie.”

In Suid-Afrika hou dalende boeregetalle ook nie goeie nuus in nie. Volgens ’n verslag, Statistics on Farm Labour in South Africa, het die aantal boere tussen 2009 en 2012 van 50 332 na 34 902 gedaal. Dit verteenwoordig ’n daling van 15 427 oor drie jaar. Die aantal werkende familielede in die landbou staan nou op sowat 3582. Dit is ’n aansienlike daling van 20 428 in 1993.

Tendens verdwyn
Volgens die verslag wat dr. Frikkie Liebenberg en prof. Johann Kirsten van die Departement van Landbou-ekonomie, Voorligting en Landelike Ontwikkeling by die Universiteit van Pretoria saamgestel het, het die tendens van werkende familielede op plase amper heeltemal verdwyn in die formele tuislandgebiede en ontbreek dit totaal in stedelike landbou sedert 2010. “Al hierdie faktore saamgevoeg, die steil daling in die aantal boere en die kwynende betrokkenheid van familielede in boerderye, kan rampspoedige gevolge vir die volhoubaarheid van die landboubedryf op lang termyn inhou.”

“Hierdie dalings asook die druk wat internasionaal vir voedselproduksie bestaan, is duidelike tekens van watter belangrike rol boere vervul, ook in ons land,” aldus mnr. Henk Vermeulen, hoof uitvoerende bestuurder (HUB) van Vrystaat Landbou. “Boere en hulle kundigheid moet gekoester word, en die baie belangrike rol wat jongboere speel moet nooit uit die oog verloor word nie. Vrystaat Landbou besef watter belangrike en verantwoordelike rol boere vervul om Suid-Afrikaners gevoed te hou, en moedig ons lede aan om te onthou dat hulle waardevolle bates vir die ekonomie is.”

Die studie is by hierdie skakel beskikbaar.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.01
+0.3%
Rand - Pond
19.33
+0.0%
Rand - Euro
17.28
+0.6%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.7%
Rand - Jen
0.12
+0.5%
Goud
1,629.04
+0.4%
Silwer
18.40
+0.2%
Palladium
2,076.27
+1.6%
Platinum
853.51
+0.1%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,621
+0.6%
Alle aandele
64,026
+0.6%
Hulpbronne 10
56,997
+1.4%
Industriële 25
79,272
-0.3%
Finansiële 15
14,209
+1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
Wil jou graag ontmoet
Ek is eerbaar, opreg, liefdevol, positief, prettig en lief vir die lewe. ek is nie perfek nie. ek hou van goeie intelligente geselskap, musiek en lekker saam kuier. en nog...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot