AFGRI
BEAN
07 Okt
-
9032
82,00
CORN
07 Okt
-
4893
0,00
SOYA
07 Okt
-
9550
20,00
SUNS
07 Okt
-
10555,2
75,20
WEAT
07 Okt
-
7210
0,00
WMAZ
07 Okt
-
5090
30,00
YMAZ
07 Okt
-
4700
-4,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

'Boere se dae as prysnemers getel'

Boere sal binnekort die pryse van hul produkte self kan vasstel, sê mnr. Louis de Kock, megaboer van Wildeklawer by Barkley-Wes.

Alle aanduidings is daar dat boere die juk van prysneming gaan afskud en binnekort die voorreg sal hê om self te besluit wat hulle vir hul produkte vra.

“ ’n Boer moet, wanneer hy aankope doen, die prys betaal wat vir die produk gevra word, maar as hy sy produkte verkoop, kry hy maar die pryse wat die ou vir hom gee. Boere is prysnemers aan beide kante; geen ander besigheid werk so nie,” het mnr. Louis de Kock, eienaar van Wildeklawer naby Barkley-Wes in die Noord-Kaap, gesê.

Megaboer-gesprekke by Woordfees

Hy het deelgeneem aan die Megaboer-gesprekreeks by die Stellenbosse Woordfees. Landbouweekblad was die mediaborg.

“Die aanduidings is egter daar dat dit reeds besig is om te draai. Daar lê vir die landbou iets baie beter voor.”

Volgens prof. Mohammad Karaan, Stellenbosse landboukundige, beteken die tekort aan voedsel dat boere van prysnemers na prysbepalers sal verander. Die beleggings in die landbou deur vooraanstaande sakelui dui op die vertroue in die bedryf.

“John Deere se grootste aandeelhouer is Bill Gates en die tweede grootste aandeelhouer is Warren Buffet. Gaan kyk net hoeveel plase het Bill Gates al gekoop en hy sit tog met goeie raadgewers,” sê De Kock.

Gebottelde water vs. aartapppels

Volgens hom is dit “verskriklik snaaks” dat mense kla oor kos se prys. Hy sê gebottelde water kos R32 tot R34 vir 10 liter, terwyl aartappels se gemiddelde prys verlede jaar R28,42/sak was.

“Ná agentekommissie en afleweringskoste het die boer sowat R20 gekry. ’n Boer moet boonop ’n plaas gaan koop, die infrastruktuur oprig, produksiemiddele koop en die risiko van hael of reën deurstaan. Daarna moet hy die aartappels uithaal, was, sorteer en ry tot by die mark. As ek dit alles gedoen het kry ek minder as die ou wat net ’n kannetjie onder die fontein gehou het en dit toegedraai het.”

Hy sê dis erg dat mense oor die prys van kos kla, maar nie oor die prys van water en lekkergoed nie.

“Mense moet regtigwaar gaan reg dink oor ons kospryse. Ook oor die vergoeding van die mense wat daarmee werk. Dis eintlik skokkend laag. Hoekom moet ’n plaaswerker, wat jou kós produseer en deur hael en reën en son geslaan word, so min betaal word, maar hulle bereid om die ou wat speelgoed in ’n fabriek vervaardig, dubbel te betaal? Daar is dispariteite wat nie eintlik heeltemal reg is nie en ons moet gaan kyk hoe ons dit kan regstel.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.99
+0.1%
Rand - Pond
20.16
-0.3%
Rand - Euro
17.63
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.56
-0.2%
Rand - Jen
0.12
-0.1%
Goud
1,709.22
-0.2%
Silwer
20.67
+0.1%
Palladium
2,272.00
+0.5%
Platinum
931.00
+0.6%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,304
-0.2%
Alle aandele
65,687
-0.2%
Hulpbronne 10
63,294
+0.0%
Industriële 25
79,728
-0.4%
Finansiële 15
14,006
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enkel man wat soek na sy diamant.
Ek is n gewone man, wat lief is vir mense en diere. N man wat soekend is na sy diamant in hierdie deurmekaar wereld. Ek soek n maat, n friend, n venoot en iemand om viir lief te...
Believe in yourself..not everyone is the same.
Vriendlike. spontaan en liefde vol. kan met enige persoon oor die weg kom. vis vang. braai. kamp. kos maak en bak. geniet bomfire. hou van dans.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot