
Ons is baie ingenome met die foto's wat ons reeds ontvang het vir die kompetisie om die beste boere-selfie in Suid-Afrika aan te wys. Onthou, dit moet 'n landbouverwante foto wees wat jy van jouself gekiek het. Jy hoef dus nie self 'n boer te wees nie, maar die foto moet 'n besliste plaastema hê. Iemand anders mag jou ook nie afneem nie, jy is die fotograaf. Die kompetisie sluit die 7de Februarie en die bobaas-selfie sal ook 'n boekprys uit ons aanlyn-winkel wen.
Stuur jou foto's na Landbouweekblad se Facebook-blad, of na petro.bosman@media24.com – ons sal ook van die foto's op ons Facebook-blad publiseer.
•Lees gerus die artikel oor die Ierse boere wat in die feestyd 'n sosiale mediatendens begin het wat nou ook na Suid-Afrika oorgespoel het. En stuur vir ons jou foto's!