AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Boere skepties oor beoogde graslandpark in Oos-Kaap

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Boere is bekommerd oor die uitwerking van die park op veldbestuurpraktyke soos blokbrande waarmee gras bestuur word. Foto: Fredalette Uys
Boere is bekommerd oor die uitwerking van die park op veldbestuurpraktyke soos blokbrande waarmee gras bestuur word. Foto: Fredalette Uys
In teenstelling met die groot opgewondenheid in die media ná die bekendstelling van ’n nuwe voorgestelde graslandpark in die hoogland van die Oos-Kaap, is boere in die gebied skepties oor die voorstel.

Sanparke het in September aangekondig dat hy die Noordoostelike Grasveld Nasionale Park in die Noordoos-Kaap tot sy reeks parke wil voeg. Die plan is om die park met die samewerking van private en kommunale grondeienaars tot stand te bring.

Volgens mnr. Janbert Reeders, wie se eiendom binne die grense van die beoogde park val, is die aankondiging in die media gemaak sonder dat boere daartoe ingestem het. Hy glo nie die voorstel is haalbaar nie. ’n Boer sal ’n serwituut op sy grond moet laat registreer en dan voorgeskryf word oor sy boerderypraktyke.

Die beoogde park sal geleë wees aan die suidelike Drakensberge in die noorde van die Oos-Kaap teen die Lesothogrens en sluit landmerke soos die Naudésnekpas in. Boere sal hul grond deur rentmeesterskap op ’n vrywillige basis by die park kan insluit. Die oogpunt is om ’n bewaararea van 30 000 ha formeel te verklaar. Verskeie veeboerderye, hoofsaaklik skaapboerderye, val in die voorgestelde area.

Nog ’n boer in die gebied wat anoniem wil bly, sê daar heers gemengde gevoelens onder die boere, hoofsaaklik omdat die nodige feite nie beskikbaar is nie. “Al wat ons tans het, is die bemarkingspamflet.”

Hy sê hy het ’n proefkopie van die moontlike kontrakte aangevra het om meer duidelikheid te kry oor die beoogde park, maar daar was nie een beskikbaar nie.

Hy sê die aankondiging in die media was baie skielik en die indruk is gewek dat dit ’n uitgemaakte saak is dat die park geskep gaan word en dat boere teen wil en dank sal moet deelneem, wat nie die geval is nie. “Ek weet nie hoe ’n park saamgestel gaan word wat bestaan uit plase wat ver van mekaar is nie.”

Boere is ook bekommerd oor hoe die park se maatreëls veldbestuur soos beheerde brande sal raak. Die grasveld in die gebied bestaan uit suurgras en harde gras, wat tradisioneel elke vier jaar saam deur die boere gebrand word deur blokbrande.

“Dit is ’n graslandbewaringsarea. As daar gesê word ons mag nie die graslandarea brand nie, is ons in die moeilik.”

Vir die blokbrande werk boere van verskeie plase saam om beheerde brande toe te pas waar natuurlike padweë as grense vir die brande gebruik word, en indien ’n deelnemende plaas in dié blok val is dit nie moontlik nie.

Nog ’n kwelling is die wantroue in die regering se vermoë om die park te bestuur. “Alles wat die regering tans aanpak, werk nie en hiérdie is ’n groot projek. Al funksioneer Sanparke tans goed, is dit ’n heel ander storie om binne ’n bestaande landbougebied te funksioneer.”

Reeders sê die meeste boere in die gebied gekant is teen die beoogde park. “As dit gebeur, sal dit die einde wees van kommersiële boerdery in Rhodes-area.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.8%
Rand - Pond
20.21
-0.0%
Rand - Euro
17.74
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,660.90
0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Boer soek boerin
Ek is 'n aangename persoon. Hou van mense. Lief vir diere en die natuur. Goeie humorsin. Ek is finansieël stabiel.
The Real Deal
Well travelled, well spoken and the rest will be well known to you😉 How about a whole new approach to love? Soft spoken with a heart of gold. I'm a breath of...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot