AFGRI
BEAN
29 Mrt
-
9714
0,00
CORN
29 Mrt
-
4671
0,00
SOYA
29 Mrt
-
8192
0,00
SUNS
29 Mrt
-
8660
0,00
WEAT
29 Mrt
-
6654
0,00
WMAZ
29 Mrt
-
3990
0,00
YMAZ
29 Mrt
-
4053
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Boere verkla Nkwinti oor grondeise

Twee boere gaan minister Gugile Nkwinti by die Openbare Beskermer verkla oor die hantering van grondeise op die Blouberg-natuurreservaat by Vivo.

Twee boere gaan mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeling en

Grondhervorming, en sy departement by die Openbare Beskermer (OB) verkla oor die hantering van grondeise op die Blouberg-natuurreservaat by Vivo, Limpopo.


Dié boere het hul grond teruggeëis wat hulle onder dwang van die vorige regering vir tuislandontwikkeling moes verkoop. Daar het egter niks van die beoogde ontwikkeling gekom nie.


Arrogansie

“Staatsamptenare in die ou regering was net so arrogant soos nou,” sê mnr. Victor Becker, wie se plase Devon, Derry en Kromhoek in die proses in die slag gebly het. Die grond word geëis deur lede van die Manoko-familie wat destyds by sy pa op die plaas gewerk het.


Becker sê hy het in 1996 ’n volledige eis met stawende dokumente op die grond ingestel. Die departement voer aan hy is vergoed vir die grond, maar volgens Becker was dit ver onder die grond se waarde. “Die waardeerder destyds het nie eens geweet wat kos ’n dropper of ’n rol draad nie.”


Twee waardasies is in 1974 en 1979 gedoen en hy is uiteindelik uitbetaal volgens die tweede waardasie wat 52% minder was as die waardasie van vyf jaar vroeër.


Geen geld?

Die departement het destyds ook aangevoer hy het nie geld nie. Becker sê van die omliggende boere wie se grond ook vir die Lebowa-tuislandontwikkeling gekoop is, het hul grond teruggekry.


Die Regering het egter geweier om die grond wat intussen vir die totstandkoming van die natuurreservaat, wat aan die destydse departement van natuurbewaring oorgedra is, aan die boere terug te gee. Becker sê die grafte van twee van sy oupa se kinders is op Devon.


Volgens hom was daar ten tye van die waardasies geen grafte en geen permanente wonings van swart mense op die plaas nie. Die provinsiale departement in Limpopo het in antwoord op ’n navraag ontken dat daar ander eise as dié van die Manoko’s op die grond is en gesê hy is “in die proses om goedkeuring van die minister te kry sodat die grond aan die eisers teruggegee kan word”.


Eis nie geldig

“Dit is uiters ongehoord. Dit is nie ’n geldige restitusie-eis nie en dit is nog nie eens ondersoek nie,” sê mnr. Dawid Maree, ’n prokureur van Polokwane, wie se kliënt, mnr. Gideon Holtzhausen, ook ’n eis op die grond ingestel het.


“Ek het die Manoko’s se eisdokumente aangevra om vas te stel op grond waarvan hulle die grond eis, maar niks ontvang nie,” sê Maree.


Hy het ’n beswaar by Nkwinti ingedien oor die manier waarop die eis gehanteer is. Ontvangs van die beswaar is erken daar is onderneem dat die saak ondersoek sal word. “Daar was nog geen verdere reaksie nie en ’n klag sal binnekort by die OB ingedien word,” sê hy.


22 November 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.19
-0.2%
Rand - Pond
22.42
-0.1%
Rand - Euro
19.70
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.15
+0.3%
Rand - Jen
0.14
+0.6%
Platinum
956.84
-1.1%
Palladium
1,416.84
+0.8%
Goud
1,962.18
-0.6%
Silwer
23.12
-0.9%
Brent-ruolie
78.65
+0.7%
Top-40
70,445
0.0%
Alle aandele
76,047
0.0%
Hulpbronne 10
66,460
0.0%
Industriële 25
102,327
0.0%
Finansiële 15
15,628
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons kyk!!
Kom ons kyk wat die toekoms en moontlikhede inhou - tyd, geluk, vrede, liefde is kosbaar en net geleen aan ons!!
Opreg en eerlik
Eks plat op die aarde, daars baie waarvan ek hou om te doen behalwe enige iets wat met hoogte te doen het, so letterlik plat op die aarde.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot