AFGRI
BEAN
09 Des
-
9420
0,00
CORN
09 Des
-
4391
0,00
SOYA
09 Des
-
10543
0,00
SUNS
09 Des
-
10900
0,00
WEAT
09 Des
-
6703
0,00
WMAZ
09 Des
-
4920
0,00
YMAZ
09 Des
-
4757
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Boere vermaan oor optrede in Afrika

“Jy loop deur daardie grond en jy los ’n spoor. Jy moet daarom sorg dat dit ’n goeie spoor is wat jy agterlaat,” maan dr. Theo de Jager.

“Jy loop deur daardie grond en jy los ’n spoor. Jy moet daarom sorg dat dit ’n goeie spoor is wat jy agterlaat,” het dr. Theo de Jager, voorsitter van Agri SA se Afrika-komitee, boere gemaan wat buite Suid-Afrika wil belê.


Met die amptelike stigting van AgriSAMoz, ’n assosiaat van die organisasie vir boere in Mosambiek, Donderdag (26 Mei) in Pretoria het hy boere aangemoedig om te sorg dat hulle die plaaslike gemeenskap ondersteun en help terwyl hulle in Mosambiek en elders in Afrika boer.


Volgens De Jager het die Mosambiekse regering al teenoor Agri SA gekla oor boere wat grond by die staat gekry en dan sonder ‘n woord net verdwyn het. “Hulle het die grond in geloof aan die mense gegee en beloftes aan plaaslike gemeenskappe gemaak oor werksgeleenthede en kos, maar uiteindelik belaglik voorgekom.”


Verantwoordelikheid

De Jager sê derhalwe het Agri SA en AgriSAMoz verantwoordelikheid geneem om ’n streng dissiplinêre kode in Afrika en in Mosambiek te handhaaf. “Ons gaan nie skroom om boere wat die kode oortree, aan te vat nie. Ons moet instaan vir die integriteit van Suid-Afrikaanse boere wat in ander Afrika-lande wil boer en moet aan die regerings verantwoording doen.”


AgriSAMoz het ook onderneem om boere wat ingevolge die ooreenkoms en as lid van die organisasie in Mosambiek wil gaan boer, aan ’n keuringsproses bloot te stel.


“Onthou, ons begin as gaste in daardie lande en ons gaan om ’n wins daar te gaan maak, maar dit moet binne ’n sekere etos gedoen word. Dit is belangrik dat ons die beeld van die Suid-Afrikaanse boer behou en uitbou. Ons kan duisend suksesverhale hê, maar net een boer kan ons beeld oneindig baie skade aandoen,” sê De Jager.


Moenie gemeenskappe afsluit

De Jager moedig ook boere aan om hulself nie van die plaaslike gemeenskappe af te sluit nie, maar na hulle uit te reik. Hy sê die gemeenskappe besef hoe belangrik kommersiële boere vir die skep van waardekettings is, want dit is ook tot hulle en plaaslike kleinboere se voordeel.


Van die boere by die vergadering sê dit is duidelik dat die inwoners van Mosambiek wil leer en dit is belangrik dat Suid-Afrikaanse boere daar ’n verskil gaan maak.


26 Mei 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.35
-1.0%
Rand - Pond
21.27
+0.1%
Rand - Euro
18.30
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.80
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Goud
1,797.30
0.0%
Silwer
23.48
0.0%
Palladium
1,956.00
0.0%
Platinum
1,028.50
0.0%
Brent-ruolie
76.10
-0.1%
Top-40
68,351
+0.1%
Alle aandele
74,548
+0.1%
Hulpbronne 10
73,315
-0.7%
Industriële 25
92,605
+1.0%
Finansiële 15
15,401
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Ek soek my sielsgenoot, die een wat by my sal pas
Ek is baie saggeaard en my liefde vir my familie en diere vorm deel van wie ek is. Glo dat God ons nie gemaak het om alleen te wees nie
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot