AFGRI
BEAN
07 Des
-
9350
0,00
CORN
07 Des
-
4415
0,00
SOYA
07 Des
-
10510
0,00
SUNS
07 Des
-
10700
0,00
WEAT
07 Des
-
6654
0,00
WMAZ
07 Des
-
4924
0,00
YMAZ
07 Des
-
4770
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Boere: Wag met besluit oor ‘fracking’

Enige besluit oor of hidrouliese breking vir aardgas in Suid-Afrika oorweeg behoort te word, sal voortydig wees, reken twee Karoo-boere.

Enige besluit oor of hidrouliese breking vir aardgas (“fracking”) in Suid-Afrika oorweeg behoort te word, sal voortydig wees.


Só sê twee Karoo-boere wat Amerika pas besoek het om ondersoek na dié proses en sy invloed op die landbou in te stel.


Lees ook: Karoo sal nie myn van gas oorleef


Ondersoek

Mnre. Lukie Strydom en Doug Stern, al twee van die Karoo, is deur BKB geborg om ter plaatse in Amerika te gaan ondersoek instel.


“Ons het al die beloftes gehoor. Nou het ons waarborge (vanaf die oliemaatskappye) nodig,” was Strydom se boodskap op die jaarkongres van die Weidingsvereniging van Suider-Afrika op Grootfontein buite Middelburg.


Hy en Stern het op hul Amerikaanse besoek onderhoude met meer as 500 mense, etlike kundiges inkluis, gevoer. Hul basis was die dorp Ithaca in die staat New York waar die gesaghebbende Cornell-universiteit is. Die staat New York is een van die brandpunte van  die Amerikaanse bedryf vir hidrouliese breking.


Lees ook: Moratorium op gas-eksplorasie


Onbeslis

Strydom het gesê hulle wil nie ’n ja of nee vir hidrouliese breking in Suid-Afrika aanbeveel nie, maar glo bloot dat so ’n besluit nou voortydig sou wees omdat genoeg inligting oor die gevolge nog nie beskikbaar is nie.


Hy het bygevoeg dat dit ongelooflik is hoe verdeeld die Amerikaanse samelewing steeds oor dié kwessie is, selfs etlike jare nadat dié omstrede ontginningsmetode daar toegepas word.


Die nodige regulasies is nog nie in Suid-Afrika gereed om mynmaatskappye te beboet wat, byvoorbeeld, waterbronne sou besmet nie, het hy gesê. Voorts is nog niks in die land gedoen wat betref die ontleding van koste teenoor die moontlike voordele nie.


Debat

Selfs in Amerika, waar soveel hidrouliese breking reeds jare lank gedoen word, word die debat nog gevoer oor hoe so ’n ontleding gedoen behoort te word.


“Ons moet darem eers seker wees dat die voordele die risiko werd is,” het Strydom gesê.


Hy het bygevoeg dat hy nie oortuig is dat op dieselfde grond geboer en hidrouliese breking gedoen kan word nie. Daar is ook geen twyfel nie dat dié proses in Amerika onbedoelde skade meegebring het vir mense wat geen aandeel daaraan gehad het nie.


15 Julie 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.16
+1.0%
Rand - Pond
20.95
+0.4%
Rand - Euro
18.03
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.6%
Goud
1,787.50
+0.9%
Silwer
22.73
+2.4%
Palladium
1,854.00
+0.2%
Platinum
1,007.50
+1.7%
Brent-ruolie
79.35
-4.2%
Top-40
67,863
-0.8%
Alle aandele
74,011
-0.7%
Hulpbronne 10
73,204
-1.1%
Industriële 25
90,783
-0.7%
Finansiële 15
15,619
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom ons geniet die lewe
Ek is n baie liefdevolle vrou Hou van stap tennis speel. Bak en brou graag, verf doen allerhande kreatiewe goed Hou van uithaal. Mal oor die see Eenvrou man .
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot