AFGRI
BEAN
28 Sep
-
9340
-83,00
CORN
28 Sep
-
4851,2
34,20
SOYA
28 Sep
-
9364
-33,00
SUNS
28 Sep
-
9975
79,00
WEAT
28 Sep
-
7046
-7,00
WMAZ
28 Sep
-
4888
48,00
YMAZ
28 Sep
-
4737,8
55,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Boere wens Eskom het hulle gewaarsku

Met parstyd in volle gang is talle boere onkant betrap toe Eskom onverwags Donderdag beurtkrag ingestel het.

As Eskom hulle tog net betyds laat weet, kon hulle beter voorberei.

Dít was die versugting van mnr. Jean Engelbrecht, eienaar van die wynlandgoed Rust en Vrede buite Stellenbosch. "Ons het verlede jaar ook beurtkrag gehad, maar lank voor die tyd roosters van Eskom gekry. Vanoggend was die krag net af."

Engelbrecht sê dis parstyd en Maart is die belangrikste maand van hul jaar. "Alle kelders hardloop op verkoeling en ons eie kragopwekkers is nie sterk genoeg om die koelgeriewe te trek nie. Dit beteken ons kan nie die druiwe inbring nie. As hulle net hul beurtkragskedule voor die tyd kon gee, kon ons voorberei. Eskom het 'n verskriklike onverantwoordelike ding gedoen om ons nie in kennis te stel nie."

Kon niemand opspoor nie
Engelbrecht sê die landbougenootskap van Stellenbosch het ook nie geweet dat beurtkrag vandag sou begin nie. Hy kon ook niemand by Eskom opspoor om te verduidelik wat aan die gang is nie.

Mnr. Hardré Pratt, 'n melk-, skaap- en graanboer van die plaas Haasvlakte buite Bredasdorp, kon vanoggend nog sonder voorval melk. Hy sê toe die krag om 10:00 afgegaan het, was hulle besig om te skeer. "Dit het die skeerdery tot stilstand gebring, maar ons kon die skape en wol sorteer en het nie te veel tyd daar verloor nie."

As die krag dalk afgaan as hulle vanmiddag vieruur begin melk, sal hy die opwekker aanskakel. "Ons het die kragopwekker met die vorige toepassing van beurtkrag in 2008 aangeskaf. Ons besef as ons nie 'n kragopwekker het nie, kan ons nie melk nie. Sonder verkoeling sal die melk suur word en die koeie sal mastitis kry as hulle nie gereeld gemelk word nie."

Hy sê mense moet maar hul boerderye vir beurtkrag inrig.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.99
+0.2%
Rand - Pond
19.21
+0.6%
Rand - Euro
17.23
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.58
+0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.1%
Goud
1,643.14
+0.9%
Silwer
18.44
+0.3%
Palladium
2,110.50
+1.7%
Platinum
851.50
-0.2%
Brent-ruolie
86.27
+2.6%
Top-40
57,015
-1.1%
Alle aandele
63,376
-1.0%
Hulpbronne 10
57,603
+1.1%
Industriële 25
77,909
-1.7%
Finansiële 15
13,993
-1.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Boer soek boerin
Ek is 'n aangename persoon. Hou van mense. Lief vir diere en die natuur. Goeie humorsin. Ek is finansieël stabiel.
Kom ons begin om n "chapter" te skryf
Ek wonder soms of dit die moeite werd is om my te leer ken. maar. dit is verseker! Gee dit n kans.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot