Die oogmerk is om voedselproduksie te beskerm, wat tans weens die gebrekkige verskaffing deur Eskom gekniehalter word. Uiteindelik wil die boere heeltemal onafhanklik van Eskom word.
Mnr. Alfons Visser, bestuurslid van die Vaalharts Energiekomitee, voormalige SA Boer van die Jaar, eienaar van SA Peanut en SA Pecans en aandeelhouer in SA Alfalfa en Vaalharts Cotton Gin wat grondbone, pekanneute, katoen en lusern verwerk en uitvoer, het aan Landbou.com gesê samesprekings vorder fluks.
Die komitee het reeds met ’n plaaslike handelsbank, Nedbank, onderhandel om as finansier op te tree. Nog plaaslike banke kan betrokke raak om die risiko’s te verklein, terwyl buitelandse finansiering ook in die vooruitsig gestel word.