AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Boereselfies: Bonsmaras wenner se droom

Die wenner van ons kompetisie vir boereselfies wil met Bonsmaras boer en sê waar ander ouens TV kyk, span hý eerder draad.

Jan-Hendrik Goosen (19) begin onderaan die leer om sy droom te verwesenlik. Hy huur nou so 4,5 ha grond op ’n groenteplaas by Langdam buite Stellenbosch, terwyl hy in die week by 'n elektriese kontrakteur op die dorp werk. ’n Boer kan homself immers nooit genoeg bekwaam nie. Daarom wil hy ook by Elsenburg-kollege kursusse gaan doen, onder meer in kunsmatige inseminasie.

Hy hou onthou hoe hy van jongs af al wou boer. “Toe hulle in graad R gevra het wat ons eendag wil doen, het ek gesê ek wil trekker ry!” lag hy. Vakansietye het hy op sy oom, mnr. Henk van Zyl van Droërivier by Swellendam, se plaas deurgebring. Daar het die gogga behoorlik gebyt. Sy oom het ook sy eerste beeste vir hom gegee, maar nou is dit vir hom belangrik om hard te werk en self vir sy beeste te betaal.

Op sy stukkie huurgrond het Goosen nou al 17 beeste, almal Nguni-kruisings met Hereford en Jerseys. Poncho, die kalf wat saam met hom op sy pryswenner-boereselfie verskyn, het van kleins af altyd daarop aangedring om eerste melk te kry toe die versies nog jonger was. “Ek was besig om 'n waterbak reg te maak toe Poncho hier in my nek kom snuffel het,” vertel hy. “My foon was byderhand en ek het besef dis nie aldag dat die tydsberekening só reg is nie,” glimlag hy.

Hy het juis op Landbouweekblad se Facebook-blad van die kompetisie gelees. “Ek het twee foto’s geneem en vir ’n vriendin gevra om te help kies watter een ek moet instuur.”

Gunsteling-artikels
Lees hy die tydskrif aanlyn, of verkies hy die gedrukte weergawe? Goosen sê hy koop die tydskrif elke week. Sy gunsteling-artikels handel natuurlik oor beeste, en hy fynkam ook die veilingspryse en advertensies. En dié aspirant-boer se hande staan regtig vir niks verkeerd nie, want hy het selfs al van die resepte wat hy op Landbouweekblad se Facebook-blad gesien het, beproef. “Ek het eenkeer so 'n lekker broodjie op julle blad probeer.”

Sy droomras is Bonsmaras en hy sal ook eendag op ’n beesplaas in Texas wil gaan werk. Maar intussen is hy al sesuur soggens hier by sy beeste. Hy help ook met algemene werk en toesighouding by die groentetonnels op die plaas. “Dis lekker om alles self te leer doen.” Van die groente wat afgekeur word, word vir sy beeste gevoer.

Sy wenprys, Vra die veearts: Wat beesboere moet weet deur dr. Faffa Malan, is sommer 'n baie welkome prys. Goosen sê wanneer van sy beeste soms olik lyk, bel hy gewoonlik sy neef op die plaas wat dan vir hom met moontlike diagnoses moet help. “Nou sal dit aansienlik makliker gaan!”

'n Mens wonder of dit nie moeilik gaan wees vir dié jong boer, wat vir sy beeste name gee, om hulle eendag op ’n vragmotor na die slagplaas te sien wegry nie. “Ja, dit sal seker hartseer wees,” erken hy. “ 'n Mens loop ’n pad met jou beeste, en elkeen het sy eie geaardheid.” En dit lyk nie of Poncho en die ander kalfies hier onder die koeltebome juis hard dáároor stry nie.

Byskrif: Van die ander kalfies het ook kom snuffel waaroor al die opgewondenheid oor die wenboek gaan. Foto: JAN BOSMAN

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.8%
Rand - Pond
20.21
-0.0%
Rand - Euro
17.74
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,660.90
0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons sien
Ek lewe vir die buitelewe en die bos. Ek hou van jag, visvang, herlaai en skiet. My uitkyk op die lewe is om altyd eerlik te wees. Ek geniet intelligente geselskap.
Ek wil weer in liefde glo
Ek is energiek, spontaan, lewenslustig, positiewe uitkyk op die lewe. Hou van buite lewe. Ek is ñ mense mens en is gek oor diere. Ek is saf van geaardheid maar baie ferm in...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot