
'
Die bul LAR 140200 (op foto) is deur mnre. André van der Heyde van Menlyn en Nico Pieterse van Standerton gekoop. Die naasduurste dier is boonop teen R370 000 aan mnr. Fourie Scheepers van Sheridan gekoop.
Altesame 66 bulle en 58 vroulike diere is verkoop. Bulle is teen gemiddeld R78 303 stuk verkoop, terwyl 22 bulle wat deur stoettelers opgeraap is, gemiddeld R133 772 stuk behaal het.
Vroulike diere is ook teen buitengewoon goeie pryse verkoop. Die duurste koei (3-in-1) is teen R75 000 aan mnr. Ben Bosch van Bothaville verkoop. Koeie (3-in-1) is teen gemiddeld R39 600 verkoop, dragtige koeie teen gemiddeld R26 949 stuk en 13 kommersiële koeie teen gemiddeld R18 038 stuk.
Die veiling is deur AAM Vee-agente en Afslaers aangebied en mnr. Brandon Leer was die afslaer.