
Van Zyl het vermoedelik Sondag ’n hartaanval gehad. Hy het sedertdien erge borspyn ondervind en is gister in die hospitaal opgeneem vir verdere toetse.
Hy het vanoggend aan Landbou.com gesê hy is dankbaar vir die talle boodskappe van steun wat hy kry. “Ek het vanoggend ’n angiogram gehad en sal Donderdag ’n aaromleiding moet kry.”
Luidens 'n verklaring sê mnr. Henry Geldenhuys, president van TLU SA: “TLU SA se algemene raad en uitvoerende komitee wens Bennie alle sterkte en vinnige herstel toe. Ons wil ook van die geleentheid gebruik maak om media en besorgdes te vra om Bennie en sy familie se privaatheid in dié tyd te respekteer en hom genoegsame tyd vir herstel en rus te gee. Ons sal soos nodig alle rolspelers op hoogte hou.”
Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.