AFGRI
BEAN
04 Okt
-
9192
-138,00
CORN
04 Okt
-
4891
-69,00
SOYA
04 Okt
-
9287
-78,00
SUNS
04 Okt
-
10215
35,00
WEAT
04 Okt
-
7166
-33,00
WMAZ
04 Okt
-
4923
-61,00
YMAZ
04 Okt
-
4868
-62,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

‘Boonboere moenie windgat raak nie’

Droëboonprodusente ondervind ’n moeilike jaar, maar daar’s altyd planne te maak, sê mnr. Gideon Anderson.

Produsente van droëbone moenie windgat raak en nou te veel kanse vat nie, het mnr. Gideon Anderson, voorsitter van die Droëboonprodusente-­organisasie (DPO), op sy jaarlikse boeredag op sy plaas Zonnebloem naby Middelburg in Mpumalanga gesê.

Dit is sover ’n baie moeilike jaar vir produsente, maar boere maak altyd planne. Die dag as hulle nie meer planne het nie, is hulle in die moeilikheid. “Ek is egter bekommerd dat boere dalk kan windgat raak, want hulle sê as hulle hierdie droogte kan oorleef, sien hulle vir enigiets kans. Hulle moet egter nie te veel kanse vorentoe vat nie,” het hy gesê.

Hy boer self al 22 jaar en vanjaar se skade aan oeste deur wind, hitte, hael en droogte was vir hom die ergste ooit. Mnr. Sakkie Koster van DuPont Pioneer het gesê boere moet meer wetenskaplik boer en al hul insette meet. Teken haarfyn aan in watter stadiums van ’n gewas se ontwikkeling ’n inset toegedien is, soos stikstof, en wat die reaksie van die plante daarop was. Dan sal hulle begin antwoorde kry op onder meer die vraagstuk of die toediening van stikstof enige reaksie op stikstofbemesting op sojabone het.

Daar is geen goeie bewyse in die literatuur dat stikstof ’n positiewe reaksie op sojabone het nie. Reaksie is wel in proewe gekry waar die grond se organiese materiaal laag was en in sekere groeistadiums van die plante, naamlik vroeg in die vegetatiewe groeistadium en voor blom. Sodra daar te veel stikstof in die grond is, vind fiksasie nie plaas nie. Vier weke ná ontkieming begin die plant om in sy eie stikstofbehoeftes voorsien.

Mnr. Pieter Rademeyer van Pioneer het gesê boere se groot taak is om teen 2015 kos aan 9,6 miljard mense op aarde te voorsien. Amerika het dit reeds reggekry om sy produksie in 50 jaar te verdubbel, terwyl die aantal boere met twee­derdes verminder het. Dié land spog met die wêreldrekord vir mielies wat deur mnr. David Hula met 33,39 ton/ha gehou word.

Hoë opbrengste begin by die regte verbouingspraktyke en dit hang grootliks van waterbestuur af. Verliese aan die oespotensiaal kom voor wanneer die tempo van evapotranspirasie hoër as die watervoorsiening is. Onkruidbeheer is ook belangrik en die oes kan met 3 ton/ha in slegs sewe dae krimp as daar te veel onkruide is. Daarom is vroeë onkruidbeheer belangrik.

Oesverliese word ook deur droogte en voedingstoftekorte veroorsaak, asook omval wat op sy beurt deur droogte, tekort aan voedingstowwe en chemiese skade weens onkruid­, insekdoder­ en kunsmisbrand veroorsaak word.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.61
+1.3%
Rand - Pond
20.18
+0.1%
Rand - Euro
17.60
-0.4%
Rand - Aus dollar
11.44
+1.6%
Rand - Jen
0.12
+0.9%
Goud
1,725.29
+1.5%
Silwer
21.07
+1.7%
Palladium
2,312.17
+3.9%
Platinum
934.41
+3.3%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
59,840
+3.3%
Alle aandele
66,313
+3.2%
Hulpbronne 10
64,568
+4.5%
Industriële 25
80,073
+3.2%
Finansiële 15
14,053
+1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lus vir die lewe saam met sielsgenoot
Christen, Eerlik, opreg, liefdevol, omgee, rolbal ,stap, reis, baie goeie humorsin, intelligent, sing en fluit graag , koorsanger en solo, uiteet, dans. Grapjas
"Kom ons skryf ons eie roman."
Ek is n baie positiewe mens met n hart van goud. Ek het n passie vir mense en hou daarvan om nuwe mense te ontmoet. Ek staan uit vir wat ek in glo. Ek geniet die buitelig lewe ....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot