“Al my boere sukkel erg,” sê dr. Carmen Nel, veearts van Vryburg. “Jy sal die beeste nou dip en môre, oormôre is hulle weer gepak met bosluise.
My ervaring is ook dat die middels (buiten Onderstepoort Biologiese Produkte [OBP] se bloedentstof) wat beskikbaar is om beeste mee te dip en te behandel, ook nie meer so doeltreffend is as wat dit vroeër was nie.
Dit is asof die bosluise begin het om weerstand daarteen op te bou,” sê Nel. OBP loop reeds heeljaar onder kritiek deur oor tekorte aan belangrike entstowwe, soos die bloedentstof teen anaplasmose.