AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Bosluise, geslagsiektes knou vee – Faffa

Besmetting met bosluise en siektes wat daardeur veroorsaak word, neem tesame met geslagsiektes skerp toe in Suider-Afrika en veeboere word ernstig gewaarsku om in hul pasoppens te wees en veeartse se raad te vra.

Verslae van veeartse handel deels oor die droogte wat steeds sy tol in sommige dele van Suider-Afrika eis.

Dr. Faffa Malan, bestuurder van die Herkouerveterinêre Vereniging van Suid-Afrika (RuVasa), sê in sy Februarie-verslag hoewel dit al wyd gereën het, sal ruvoer hierdie winter in baie dele onvoldoende wees. Dit beklemtoon die noodsaaklikheid dat boere vooruitbeplanning in ’n bestuursprogram inbou om vir ’n droogte voorsiening te maak. Dit is onaanvaarbaar as diere weens swak beplanning stadig en wreed van honger doodgaan.

Inwendige parasiete

’n Toename in diere wat deur inwendige parasiete besmet is, is gedurende Februarie ontvang. (Lees verslae hieronder.) Sodra dit in droë dele begin reën, kom groot getalle parasietlarwes in die kort grasse voor. Diere word dan veral deur haarwurms in die somerreënvalgebied besmet. “Let op na tekens van inwendige parasietbesmetting, soos bloedarmoede, dikkeel, gewigverlies en maagwerking. Diere wat onder stres verkeer en ’n gebrek aan proteïen en energie het, is vatbaarder vir parasiete,” gee Malan raad.

Namate wurms (veral haarwurms) weerstand teen menige wurmmiddel opbou, moet boere beheer- en voorkomende maatreëls met hul veeartse bespreek.

Uitwendige parasiete

Bosluise neem ook toe. Baie diere is weens die droogte in ’n swak kondisie. Gevolglik kan bloedarmoede weens die bloedsuiende bosluise by vee voorkom en selfs tot ernstige verliese lei.

Let ook op na wonde wat deur bosluise met lang monddele, soos bont- en bontpootbosluise, veroorsaak word omdat spykerwurmvlieë  hul eiers daarin lê. Wanneer die larwes uitbroei, kan dit die dier se dood veroorsaak.

Bespreek ’n program met ’n veearts om weerstand teen chemiese bosmiddels by bloubosluise aan te pak, aangesien weerstand gaandeweg méér voorkom.

Bosluisoordraagbare siektes

Namate bosluisgetalle toeneem, neem siektes wat deur bosluise veroorsaak word ook toe. Swaar besmettings met bontpootbosluise is deur veeartse aangemeld en sweetsiekte word veroorsaak deur 'n gifstof wat hulle afgeskei, veroorsaak word, is in Limpopo, Noordwes, Vrystaat en KwaZulu-Natal aangemeld. Verlamming weens die Karoo-verlammingsbosluis is ook by Malan aangemeld.

Siektes kom onder meer voor wanneer vee na rooi- en hartwatergebiede verskuif word, terwyl besmette bosluise ook saam met bale hooi vanaf besmette streke na ’n skoon gebied geneem word. ’n Veearts kan raad oor voorkomende maatreëls gee.

Insekoordraagbare siektes

Siektes wat deur insekte oorgedra word, het ook toegeneem weens ’n styging in die voorkoms van muggies en bytende vlieë wat draers van virusse is. “In die verlede het Slenkdalkoors uitgebreek toe dit ná ’n droogte goed gereën het. Moenie nalaat om vee in te ent nie,” is sy raad.

Geslagsiektes

Die vloedgolf geslagsiektes wat deur veeartse aangemeld word, duur voort en het buite beheer geraak. In die jongste gevalle is trigomonose deur nuwe bulle wat van elders kom, na boere se kuddes oorgedra. Boere moet seker maak hulle koop slegs bulle by telers wat streng beheermaatreëls vir biosekerheid toepas. Malan gee elke maand raad oor geslagsiektes. Hou die heinings in stand en maak die hekke toe om die buurman se vee uit te hou. Lede van studiegroepe moet saamwerk en beheermaatreëls met veeartse bespreek.

Bakteriese siektes

Baie vrektes is weens bakteriese siektes aangemeld. Dit kom onder kleinvee voor wanneer hulle gedurende droë tye ekstra voer ontvang. Maak seker almal is teen bloednier ingeënt.  Nuwe gevalle van brusellose en E. coli is ook aangemeld.

Malan sê boere moet oplet watter siektes in hul streek voorkom, die inentingsprogram opdateer en entstowwe en skraagdosisse betyds bestel.

Virussiektes

’n Magdom virussiektes is aangemeld. Dit sluit snotsiekte en hondsdolheid in. Daar is geen behandeling vir virussiektes nie. Daarom moet diere deur inentings beskerm word indien dit beskikbaar is. Daar is by voorbeeld geen beskikbare inenting teen snotsiekte nie. Hierdie dodelike siekte word met wildebeeste verbind wat die virus veral gedurende kalftyd, speentyd en die jagseisoen afskei wanneer hulle gestres is.

RuVasa se verslag word maandeliks opgestel uit inligting wat van veeartspraktyke ontvang word. Die doel is om boere in te lig oor die voorkoms van siektes, maar veral om siektes wat in hul gebied voorkom of kan voorkom, voorkomend te bestry en te let op diere wat met siektes en parasiete gekoop word.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.8%
Rand - Pond
20.21
-0.0%
Rand - Euro
17.74
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,660.90
0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Sterrekyker
Ongekompliseerd, eerlik, opreg, liefdevol. Wat jy sien is wat jy kry. Stel gewoonlik ander voor myself. My familie en naby vriende is baie belangrik vir my, en ek sal enigiers...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot