
Bosluise verlaag melkproduksie met gemiddeld 6% en veroorsaak ’n gemiddelde gewigsverlies van 15 kg tot 40 kg by speenkalwers, sê die bosluiskenner mnr. Pierre van Niekerk.
Hy het op die Landboukorrels-boeredag buite Cullinan boere kwalik geneem wat nie plae, soos bosluise, wetenskaplik bekamp nie. “As jy nie weet watter bosluise jy het nie, kan jy dit nie bekamp nie. Parasietbekamping se sukses lê nie in ’n bottel met gif nie. Die belangrikste is, ken jou plaas, ken jou parasiete en ken hul lewensiklus.”
Boere wat verkeerd behandel, wakker weerstandigheid aan. Die grootste probleem is ook nie die siektes wat oorgedra kan word nie, maar ’n middel in die insekte se speeksel wat groei en melkproduksie onderdruk.