AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9390
34,00
CORN
30 Sep
-
4810
22,00
SOYA
30 Sep
-
9520
128,00
SUNS
30 Sep
-
10240
35,00
WEAT
30 Sep
-
7115
15,00
WMAZ
30 Sep
-
4926
34,00
YMAZ
30 Sep
-
4839
46,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Bou aan verhoudings, sê Graan SA

Ons moet verhoudings uitbou en ontwikkel om sukses te behaal, ook dié met omstrede vakbondleiers, sê Graan SA.

Hy wil die omstrede vakbondleier, mnr. Nosey Pieterse, eerder aan sy tafel hê, “want dan weet ek waar hy is”, sê mnr. Andries Theron, ondervoorsitter van Graan SA.

Hy het by ’n streekvergadering van Graan SA by Delmas gesê dit was vir hom aanvanklik ’n groot skok toe hy verneem het dat minister Tina Joemat-Pettersson vir Pieterse, leier van die vakbond Bawusa, as ’n trustee van die Wintergraantrust aangestel het.

“My eerste reaksie was dat ek nie ’n pad saam met hom kan stap nie. Ek kan nie saam met hom werk nie. Wat is sy motief en watter bydrae kan hy lewer?  As 'n mens egter rustig na uitdagings kyk, kom jy tot ander insigte.

Ons voorgangers het vir ons strukture geskep wat ons as vanselfsprekend aanvaar en ons in ’n gemaksone geplaas het. Daarom vra ek: Kom ons pas aan by dit wat op ons pad kom. Kom ons kom uit ons gemaksone en fokus op dit wat belangrik is.” 

Respek vir mekaar
Hy sê dit is goed dat Pieterse daar kom sit en kan besef dat landbou nie oor politiek gaan nie. Theron glo om verhoudings te bou is uiters belangrik. “As ons in Suid-Afrika sukses wil bereik met ons besigheid, moet ons verhoudings bou – verhoudings onder mekaar, met ons werkers, met die gemeenskap. Ons moet mekaar leer verstaan en respekteer.”

Hy sê Graan SA wil sy verhouding met Agri SA ook uitbou en ontwikkel sodat daar strukture kan wees waarop almal trots sal wees. Theron glo daar gaan vir almal nog baie “Nosey-oomblike” wees. Elkeen se reaksie daarop gaan die sukses bepaal. “Gaan ek kwaad raak en alles weggooi of ’n sinvolle besluit neem? Dit is die uitdaging.” Hy verwag veral uitdagings met die verkiesing wat op hande is.

Hy sê mense is geneig om te gou swartgallig te raak. “Ons is hier in een van die beste landboustreke in Suid-Afrika ondanks die bedreiging deur die myne. Ons is geneig om net teen die mynhope, steenkoltrokke en swak paaie vas te kyk en nie te besef mens bly in Kanaan nie.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.10
-0.8%
Rand - Pond
20.18
-1.2%
Rand - Euro
17.73
-0.7%
Rand - Aus dollar
11.57
+0.8%
Rand - Jen
0.12
-0.5%
Goud
1,662.33
+0.1%
Silwer
19.03
+1.1%
Palladium
2,167.00
-1.8%
Platinum
864.26
-0.4%
Brent-ruolie
88.49
-0.9%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Dit is tyd om my horisone te verbreedt
Ek is vriendelik, aantreklik werk baie hard en verdien n bietjie geluk in die lewe. Ek is baie romanties maar deur die jare het dit by die afterdeur uitgegaan.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot