Boodskappe van meegevoel stroom steeds in ná die onlangse dood van dr. Michael Bradfield (56), een van Suid-Afrika se voorste veekenners, nadat hy lank teen kanker geveg het.
Hy was veral bekend om sy lewenslange strewe om veeboerdery met teelmateriaal in ’n meer wetenskaplike rigting te stuur en om ’n goeie naspeurbaarheidstelsel vir Suid-Afrika se veebedryf in te stel.
Bradfield was ’n gereelde skrywer van rubrieke in Landbouweekblad en was die vader van die jaarlikse Veeskool wat sedert 2008 gehou is en sprekers van oor die hele wêreld gelok het.