AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Brand verwoes duisende hektaar in NK

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Charl van Rooyen
Ter illustrasie. Foto: Charl van Rooyen
’n Geskatte 70 000 ha weiding is Donderdag en vandag in veldbrande by Kuruman in die Noord-Kaap verwoes.

Die brande het gister in die vroeë oggendure tussen Kuruman en Daniëlskuil begin en brandbestryders, boere en ander vrywilligers het deur die nag gewerk om die vlamme te bestry.

Me. Janine Byleveld, bedryfsbeampte vir natuurlike hulpbronne by Agri Noord-Kaap, sê brandbestryders was teen vanmiddag steeds besig om brande te blus hoewel die situasie meer onder beheer was. Sy is bewus van een plaashuis wat heeltemal afgebrand het maar het nog nie nadere besonderhede gehad nie.

“Daar word gepraat van sowat 70 000 ha wat reeds gebrand het maar dit is bloot ’n skatting en daar is nog nie satellietdata nie. Ons behoort dit te ontvang sodra die brande geblus is.”

“Daar was vier groot brande. Twee het na mekaar toe gebrand en is nou (laat Vrydagmiddag) onder beheer nadat hulle uitgebrand het. Die ander twee is nog aan die gang en word steeds beveg.”

Byleveld sê die brandbeskermingsvereniging van Kuruman-Oos het R100 000 vir lugsteun ingesamel om te help om die brande te bestry. Mnr. Willie Aucamp, DA-LP vir die Kalahari, sê hulle wou vanoggend ’n vliegtuig uitgekry het om te help, maar weens die baie koppe in die Wonderwerkgrotte se omgewing waar die brande toe gewoed het, en wind, kon hulle dit nie gedoen het nie.

Hy sê die vermoede bestaan tans dat die oorsaak van die brande brandstigting is, aangesien daar nie ’n ander moontlike oorsaak soos weerlig of ’n ongeluk was nie. “Daar was ook gister ’n brand by Hotazel, maar dit is glo deur weerlig veroorsaak.”

Aucamp sê hy weet van drie plaashuise in die Savannah-omgewing, sowat 25 km van Kuruman, wat afgebrand het.  Sover hy kon vasstel, het die brand sowat 12 km buite Kuruman begin en teen vandag het dit al meer as 45 km verder gewoed.

“Ek hoop maar net die boere kom reg. Hulle het laasjaar ook verskriklike brande gehad. Hulle kom met hul diere deur die winter al is die gras droog. Voor die reën val en sorg vir nuwe weiding, kry jy hierdie verwoesting wat jou verhoed om daardie diere deur te dra tot November se kant wanneer daar weer groen gras is.

“Ek kan jou verseker sodra ons weet wat die werklik skade is, sal ons vra dat rampgeld beskikbaar gestel word.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.56
-0.0%
Rand - Pond
21.59
-0.4%
Rand - Euro
18.50
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.93
-0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Goud
1,797.91
0.0%
Silwer
23.15
0.0%
Palladium
1,900.00
0.0%
Platinum
1,020.00
0.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,238
-0.9%
Alle aandele
74,323
-0.9%
Hulpbronne 10
74,020
-2.7%
Industriële 25
91,592
-0.6%
Finansiële 15
15,398
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom ons begin ons eie storie met Vriendskap
Nr 1 sal altyd my Here wees want Hy is my provider, Aleph en Sovereign God. Al wat ek soek is n maaitjie saam wie ek die lewe kan geniet, lag, gesels, laf wees en dan kyk na...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot