AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

Brand woed voort naby Wolseley

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die brand soos afgeneem vanaf Waverley Hills. Foto: Lynnqwinda Scott
Die brand soos afgeneem vanaf Waverley Hills. Foto: Lynnqwinda Scott
Verskeie grond- en lugondersteuningspanne van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit en CapeNature bestry tans ’n brand in die berge bokant die Boontjieskraalpad net langs die R46 buite Wolseley.

Volgens me. Jo-Anne Otto, woordvoerder van die munisipaliteit, is die brand baie hoog in die berge en is dit ontoeganklik vir brandbestrydingsvoertuie.

Die provinsiale rampbestuursentrum het ook vanoggend lugsteun ontplooi. Toegeruste 4x4’s is gebruik om grondspanne en hul toerusting so na as moontlik aan die brandlyn te vervoer, maar spanne moes steeds ’n redelike afstand stap voordat hulle die lyn bereik het.

Otto sê die plantegroei in die veld waar die brand ontstaan het, is sowat 15 jaar oud. “Gewoonlik sou die brand net gemonitor word om te verseker dat die inheemse plantegroei – meestal proteas wat ’n brandgedrewe ekologie is – sy natuurlike verloop kan volg.

“Maar daar is verskeie kwessies met betrekking tot die brand se nabyheid aan Eskom-kragdrade, ’n natuurreservaat en landbougrond. Brandspanne sal hulle daarop toespits om die brandlyn weg te draai van die Eskom-drade en dit te probeer dryf in die rigting van Ceres waar dit, weens ’n tekort aan brandbare materiaal, vanself sal uitbrand.”

Sy sê die ongelyke, moeilike terrein gekombineer met die voorspelde warm weer sal moeilik vir die grondspanne wees.

Daar is 42 grondspanlede en die Black Hawk van die provinsiale rampbestuursentrum op die toneel.

Boere slaggereed om te help

Otto vertel grondeienaars en boere is altyd bereid om te help wanneer ’n brand onder beheer gebring moet word, en dit is weer die geval met dié brand. “Die boere help onder meer om waterpunte aan te dui sodat die tenkers volgemaak kan word. Hulle kan ook aandui waar daar damme is waar die lugsteun water kan skep.

“Nog ’n manier hoe boere help, is deur hul bakkies en werknemers in te span om veld wat aan die brandende gedeelte grens, skoon te maak.”

* Die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit het op 9 Januarie om 16:00 bevestig dat die brand onder beheer gebring is.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
+0.1%
Rand - Euro
18.91
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
974.02
0.0%
Palladium
1,623.95
0.0%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
🎶 All we need is love
Onafhanklik, goeie waardes, sin vir humor, diere liefhebber, sagte hart. Geniet Park runs op Saterdae, beoefen skyf skiet as ook Karate. Mal oor musiek en geniet n rit op my...
Aktiewe leefstyl en rustige persoonlikheid
Posiewe en vriendelike persoonlikheid Geniet mense en is baie sosiaal Diere liefhebber Aktiewe leefstyl, gym tenminste 4 tot 5 keer n week Baie gelukkig in my werk Geniet die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot