AFGRI
BEAN
07 Okt
-
9032
82,00
CORN
07 Okt
-
4893
0,00
SOYA
07 Okt
-
9550
20,00
SUNS
07 Okt
-
10555,2
75,20
WEAT
07 Okt
-
7210
0,00
WMAZ
07 Okt
-
5090
30,00
YMAZ
07 Okt
-
4700
-4,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Brande harde slag vir Oos-Kaapse boere

Duisende hektare weiding en talle diere het in die slag gebly tydens 'n brand naby Cathcart in die Oos-Kaap.

Duisende hektare kosbare weiding, tesame met talle diere en plaasgeboue, het in die slag gebly tydens 'n hewige brand wat in die omgewing van Cathcart in die Oos-Kaap gewoed het.

Sowat 15 plase en 17000 ha het die naweek binne 18 ure by Cathcart uitgebrand.

“Altesame 41 beeste, 163 skape en drie donkies is tydens die brande dood,” het mnr. Andries Greeff, Agri Oos-Kaap se streekverteenwoordiger, aan Landbou.com gesê.

“ ’n Paar geboue het afgebrand en honderde kilometers van draadheinings het ook in die slag gebly. Boere praat met hul versekeringsmaatskappye, veral oor die draadskade wat 'n aardige bedraggie beloop,” sê hy.

Geen beserings

Volgens mnr. Thinus Botha, brandbeskermingsoffisier van die Oos-Kaapse oorkoepelende brandbeskermingsorganisasie, het die brande vroeg Vrydagoggend begin en is dit teen laat Vrydagaand onder beheer gebring. Klein opflikkerings het nog Saterdag voorgekom maar dit is spoedig onder beheer gebring.

Geen persone het beserings tydens die brand aangemeld nie. Botha sê boere en plaaswerkers het saamgewerk om die brand te beveg. In hierdie stadium is die oorsaak van die brand nog nie bekend nie.

Plaaslike boere het 'n komitee gestig wat voerskenkings sal koördineer. “Die komitee bepaal wat jy kry volgens wat jy verloor het,” aldus Greeff. Skenkings stroom glo in en meeste boere het plek gekry om hulle diere te laat wei tot tyd en wyl voerskenkings ontvang word en heinings herstel kan word.

Moedeloos 

Mnr. Chris Purdon, veeboer van Cathcart, sê boere is moedeloos weens die knellende droogte en min beskikbare weiding, maar help mekaar steeds. Hoewel daar baie skenkings is, moet die vervoer betaal word. Hy sê om geld vir voer in te samel is nou ’n prioriteit.

“Die owerhede is besig om die saak te ondersoek en kundiges kyk waar die brande begin het. Maar op die ou end bring dit nie die dooie beeste of die weiding terug nie. Boere is veerkragtig en is almal in dieselfde situasie. Ons help mekaar,” sê hy.

Mnr. Richard Armstrong, skaap- en beesboer van die distrik, het 2800 ha sowel as 44 beeste en 56 ooie met hul lammers verloor. Hy sê dit gaan maar sleg op die oomblik, maar hy moet aangaan want hy het geen ander keuse nie.

“Ons kry baie hulp en ondersteuning van ons medeboere,” sê hy. "Niemand het veel om te gee nie, maar steeds gee mense so veel as wat hulle kan."

Foto's: Verskaf

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.15
-0.8%
Rand - Pond
20.13
-0.2%
Rand - Euro
17.68
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.6%
Goud
1,694.80
-1.1%
Silwer
20.13
-2.6%
Palladium
2,192.88
-3.1%
Platinum
916.50
-1.0%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,280
-0.2%
Alle aandele
65,676
-0.2%
Hulpbronne 10
63,294
+0.0%
Industriële 25
79,505
-0.7%
Finansiële 15
14,072
+0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
"Kom ons skryf ons eie roman."
Ek is n baie positiewe mens met n hart van goud. Ek het n passie vir mense en hou daarvan om nuwe mense te ontmoet. Ek staan uit vir wat ek in glo. Ek geniet die buitelig lewe ....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot