
Die Vrystaatse brande wat sowat 234 000 ha weiveld in Augustus en September verwoes het, is as ’n provinsiale ramp verklaar.
’n Kennisgewing in dié verband is deur die Vrystaatse premier, mnr. Ace Magashule in die provinsiale koerant aangekondig.
Die distrikte wat geraak word, is Maluti-a-Phofung, Dihlabeng en Mohokare.
* In September is berig dat Suid-Afrika onder die ergtse brandseisoen in sewe jaar deurloop, met 40% meer brande as in die 2013-seisoen.