AFGRI
BEAN
26 Sep
-
9510
0,00
CORN
26 Sep
-
4809
0,00
SOYA
26 Sep
-
9306
0,00
SUNS
26 Sep
-
10108
0,00
WEAT
26 Sep
-
6960
0,00
WMAZ
26 Sep
-
4790
0,00
YMAZ
26 Sep
-
4709
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Brande in Vrystaat en Noord-Kaap: Voer dringend nodig

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die foto van me. Corné Barkhuizen van Daniëlskuil wys hoe 'n brand oor ‘n wye gebied woed
Die foto van me. Corné Barkhuizen van Daniëlskuil wys hoe 'n brand oor ‘n wye gebied woed
Verskeie brande het sedert verlede week oor dele van die Vrystaat en Noord-Kaap voorgekom.

’n Voerkrisis dreig in die Vrystaat en Noord-Kaap nadat verskeie brande duisende hektaar weiding vernietig het. Van die boere wat vroeër uit hul voerbanke skenkings vir medeboere gegee het, het nou self alles verloor. Intussen woed sommige brande steeds en brandverenigings, vrywilligers en spanne van Working on Fire (WoF) werk onverpoos om dit te blus.

Berigte is ontvang van boere wat honderde stuks vee en duisende hektaar weiveld verloor het. Meer as 41 brande het oor die afgelope 72 uur oor ’n wye gebied uitgebreek te midde van sterk winde en weerlig oor die gebied. Vrystaat Landbou het een berig van brandstigting ontvang en ’n brand wat verlede week by die Wondergrotte naby Daniëlskuil ontstaan het, word ook aan brandstigting toegeskryf.

Twee mense moes vir rookinaseming behandel word en daar was ongelukke op die N1 in die Vrystaat weens die digte rook, sê dr. Jack Armour, bedryfsbestuurder van Vrystaat Landbou. Die organisasie is nog besig om skade en behoeftes vir hulp te bepaal. “Ons weet van een boer, mnr. Piet van Staden van Dewetsdorp, wat 400 ooie verloor het. Daar is boere wie se hele plaas afgebrand het. Ander boere het grootvee, infrastruktuur en voer verloor.”

Hy sê van hierdie boere wat nou deurgeloop het, het uit hul voerbanke skenkings gedoen vir medeboere in die Suid-Vrystaat wat voorheen geraak is. “Nou is daar bitter min by hulle oor. Nou is hulle self in die nood. Lusern se groeiseisoen is al verby. Die lusern is klaar gebruik en voermaatskappye het reeds groot voerskenkings gedoen met die vorige brande. Hulle sal waarskynlik nie nou dadelik weer kan help nie.”

Armour sê ’n brand wat op meentgrond by Van Stadensrus ontstaan het, word aan brandstigting toegeskryf, maar die oorsake vir die ander brande word ondersoek. Stormweer en weerlig sou waarskynlik ’n rol gespeel het.

Noord-Kaap hard getref

Die Noord-Kaapse boere wat in brande die afgelope week deurgeloop het, het ook ’n reuse-voerkrisis, sê mnr. Willie Aucamp, LP en DA-kiesafdelingshoof van die Kalahari. In die Noord-Kaap woed brande op die oomblik noord van Kuruman op die McCarthy Rest-pad, by Reivillo en by Koopmansfontein.

’n Groot brand het by Daniëlskuil in omgewing van die wonderwerkgrotte Mout Carmel ontstaan en toe in ’n oostelike rigting tot anderkant Koopmansfontein versprei. “Duisende hektaar weiveld het skade gekry en vee het gevrek. In die harwar kon ons nog nie die omvang van die skade bepaal nie.” Hy sê hy hoewel daar nie bewyse van brandstigting is nie, glo hy die brande, wat terselfdertyd op verskeie plekke uitgebreek het, is opsetlik begin.

Baie boere wat deur brande bedreig is, het hul vee in klein kraaltjies gejaag om hulle van die vlamme te red. Nou is daar is nie weiveld op hul plase oor nie en daar moet dringend hulp gereël word. Aucamp het Sondag mnr. Bentley Vass, die Noord-Kaapse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, gevra om ramphulp te organiseer en hy wag op terugvoering.

Aucamp sê boere en lede van die gemeenskap gaan uit hul pad om mekaar by te staan in hul nood. “Ek wil almal hartlik bedank vir onbaatsugtige wyse waarop hulle mekaar help en aanhou veg om mense en diere in veiligheid te bring, selfs nadat hul eie plase reeds afgebrand het.”

Me. Corné Barkhuizen van Daniëlskuil wat reeds 19 jaar deeltyds saam met haar man, Johan, met skaap boer, het in Januarie vir Landbouweekblad foto’s gestuur van die groot reën van meer as 300 mm wat in die distrik geval het. Maar nou het heelwat van dié mooi weiveld in die slag gebly en boere het groot skade gely.

brande, veldbrande
'n Foto van me. Corné Barkhuizen van Daniëlskuil wys hoe die brand oor ‘n wye gebied woed. Duisende hektaar weiveld het in die slag gebly in dié brand wat reeds sedert Donderdag woed

“Dis regtig baie erg. Dit het Woensdag begin by die Wondergrotte en toe het hulle hom onder beheer gekry. Maar die volgende oggend, net honderd meter verder en op dieselfde tyd as die vorige dag, het dit weer begin brand. Ons wil nie uit ons beurt praat nie, maar dit lyk asof dit brandstigting kan wees.”

Sy sê die wind het so erg gewaai dat die brand nie onder beheer gebring kon word nie. “Toe is hy oor die teerpad Mount Carmel se kant toe en hy trek nou op die oomblik op Delportshoop, padlangs is dit 115 km verder.”

Barkhuizen sê sy het die Donderdagaand in hul skaapkraal gestaan en vir haar man, Johan, ’n foto van die mooi rooi gloed geneem wat sy rondom haar gesien het. “Hy het dit so een kyk gegee en gesê dit beteken dit brand nou wyd. Ons het tot in daardie stadium nog nie besef dat die brande versprei het nie.”

Sy sê aanvanklik het ’n strook gebrand, aangedryf deur ’n sterk wind. Sondag het die wind gedraai en die dele wat in die eerste brande gespaar gebly het, het toe ook afgebrand. “Die boere in die vuur se pad het probeer om hul beeste te red, maar die diere het paniekerig geraak en uitmekaar gespat. Ons is nou besig om hulle te soek.”

Mnr. Johan Breytenbach van die Vrystaatse sambreelbrandvereniging het Sondag gesê tussen 25 000 ha en 30 000 ha is in ’n reuse-brand by Ventersburg vernietig. Wild- en veeverliese is wyd aangeteken, landbou-infrastruktuur ernstig beskadig en ses chalets by die Aldam-reservaat het afgebrand. Die oord se hoofingang is ook in die brand beskadig, wat Saterdag teen 23:00 in bedwang gebring is.

Hy het gesê van 8 000 ha tot 10 000 ha het Saterdag in die distrik Dewetsdorp afgebrand met 400 skape wat in die brand gevrek het.

Die plaaseienaar, mnr. Piet van Staden van die plaas Aanmekaar sowat 70 km suid van Bloemfontein, het aan Netwerk24 gesê die wind was net te sterk en hulle kon nie die ooie van ’n vuurdood red nie.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.08
-0.7%
Rand - Pond
19.11
+1.4%
Rand - Euro
17.40
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.73
-0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Goud
1,636.39
-0.4%
Silwer
18.50
-2.0%
Palladium
2,083.77
+0.5%
Platinum
859.14
+0.1%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
0.0%
Alle aandele
63,417
0.0%
Hulpbronne 10
56,319
0.0%
Industriële 25
78,436
0.0%
Finansiële 15
14,142
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Die lewe geniet
Waardeur opregtheid en eerlikheid. Hou van fietsry, stap, natuur, kamp en iemand wat dit wil deel ,nie noodwendig alles nie. Geniet netjiese tuin en tuis. Ek hou van mense wat...
Kom ons skryf on eie verhaal
Baie vriendelik. Ek hou daarvan om in die buitelig te wees. Ek hou daarvan om in natuur. Ek doen scuba diving en ballroom dans. Ek hou daarvan om n iewers te gaan sit waar dit...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot