AFGRI
BEAN
20 Mrt
-
9994,8
-121,20
CORN
20 Mrt
-
4471,6
-29,40
SOYA
20 Mrt
-
9235
-140,00
SUNS
20 Mrt
-
9420
-218,00
WEAT
20 Mrt
-
6559
-56,00
WMAZ
20 Mrt
-
3962
-26,00
YMAZ
20 Mrt
-
4161,8
-21,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
0,00
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
0,00
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,00
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
0,00
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
0,00
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
0,00
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
0,00
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,00
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
0,00
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
0,00
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,00
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
0,00
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,00
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
0,00
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
0,00
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
0,00
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,00
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
0,00
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,00
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,00
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
0,00
Deel

Brande in Vrystaat oorskry rekord

Altesaam 400 357 ha het vanjaar reeds in die slag gebly weens veldbrande in die Vrystaat, met sover twee sterftes wat aangeteken is.

Altesaam 400 357 ha het vanjaar reeds in die slag gebly weens veldbrande in die Vrystaat, met sover twee sterftes wat aangeteken is, sê die provinsiale departement van landbou, bosbou en visserye.


Mnr. Malcolm Procter, adjunk-direkteur van bos- en veldbrandtoesig sê: “Dit is definitief ‘n nuwe rekord vir die provinsie, en ‘n groot deel van die Vrystaat is as ‘n rampgebied verklaar weens die brande.”


Hy sê in die afgelope vier dae het 76 000 ha afgebrand waarvan 30 000 ha in die Bethlehem-gebied was.


Volgens vroeëre inligting wat Procter aan Landbou.com verskaf het, brand sowat 150 000 ha gewoonlik per jaar in dié provinsie.


Lewensverlies

Procter sê tot dusver is twee sterftes in die provinsie aangeteken, met sewe mense wat ernstige brandwonde opgedoen het. ‘n Plaaswerker van Heilbron wat verlede maand op ‘n trekker deur ‘n brand op ‘n trekker oorrompel is, het aan sy wonde beswyk.


Luidens ‘n berig in Volksblad (12 Oktober) is mnr. Jaco Nortjé, ‘n 21-jarige boer van Betlehem, Sondag (10 Oktober) deur ‘n brand oorrompel en het hy baie ernstige brandwonde opgedoen. Hy is Maandag (11 Okotber) weens sy beserings in ‘n hospitaal in Bloemfontein oorlede.


Volgens Procter is twee van die sewe beseerdes boere van Soutpan en Boshof, wat tans in intensiewe sorgeenhede behandel word. Die boer van Boshof is Donderdag (7 Oktober) deur ‘n brand in sy bakkie oorval, en hy het 45% brandwonde oor sy liggaam opgedoen. Die boer van Soutpan is oor die naweek deur ‘n brand oorval, en hy het 32% brandwonde opgedoen. Nog ‘n plaaswerker van Bethlehem het 70% brandwonde opgedoen.


Procter sê veeverliese word op minder as 50 geskat, maar twee motors, ses bakkies, vier trekkers en 50 gholfkarretjies is al in die brande verwoes.


Persoonlike veiligheid

Procter rig ‘n ernstige versoek aan boere en ander individue wat brande bestry om hul eie veiligheid eerste te stel.


“Moenie enige nylon-klere dra nie, die vuur smelt dit en dit brand aan jou vel vas. Katoen is die veiligste keuse. Moet nooit ‘n brand kaalvoet probeer bestry nie. Dra verkieslik leerskoene, aangesien plastiekskoene ook in jou vel kan inbrand. Beplan vinnig voordat jy die brand begin blus hoe jy dit gaan doen en maak seker jy het ‘n ontsnappingroete sou die brand te erg raak,” waarsku Procter.

Lees ook ons berig oor brande wat in Limpopo woed.


12 Oktober 2010

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.51
-0.5%
Rand - Pond
22.56
-0.9%
Rand - Euro
19.73
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.36
-0.6%
Rand - Jen
0.14
-1.6%
Platinum
970.12
+0.2%
Palladium
1,408.78
-0.2%
Goud
1,998.93
+0.5%
Silwer
22.63
+0.1%
Brent-ruolie
72.97
-2.4%
Top-40
67,360
+0.5%
Alle aandele
72,813
+0.4%
Hulpbronne 10
64,205
+2.1%
Industriële 25
97,751
+0.7%
Finansiële 15
14,797
-2.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Versigtiger
Is n buite mens, lief vir die berge en dale. Hou van plekke ontdek en te ervaar. Maar geniet ook n huislike omgewing.
Everyday is a good day
Mmmm hou van braai kamp dans en some net rustig te wees, ek is baie lief vir diere. Vra as jy iets wil weet.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot