
Brandsiekte is in die distrik van Bredasdorp aangemeld, net dae nadat dié siekte in Moorreesburg en Hopefield aangemeld is.
Mnr. John Durr, voorsitter van die RPO in die Wes-Kaap, sê in ’n nuusverklaring dat verskeie uitbrake van brandsiekte in die gebiede van Bredasdorp, Moorreesburg en Hopefield voorkom.
Durr waarsku dat die onverskillige optrede van sommige rolspelers wat nie toesien dat diere aan die nodige biosekuriteitsmaatreëls onderwerp word nie, sal mettertyd aan die groot klok gehang moet word.
Durr sê brandsiekte móét onder die toesig van die staat behandel word en dit sal produsente dus ekstra geld kos as hulle dit probeer wegsteek en self behandel om dan later as dit bekend raak, alles weer van voor af te moet doen. Deur te versuim om betyds aan te meld, kan die siekte en dus behandeling asook kwarantynmaatreëls ook na buurplase teen groot kostes oorgedra word .