AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9027
11,00
CORN
05 Okt
-
4800
-2,00
SOYA
05 Okt
-
9290
25,00
SUNS
05 Okt
-
10299
89,00
WEAT
05 Okt
-
7145
-24,00
WMAZ
05 Okt
-
4975
59,00
YMAZ
05 Okt
-
4889
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Brandstof: Prysstygings slegte nuus in planttyd

akkreditasie
Dis planttyd op Danie Bester se plaas in die distrik Balfour in Mpumalanga. Foto: Danie Bester
Dis planttyd op Danie Bester se plaas in die distrik Balfour in Mpumalanga. Foto: Danie Bester
Alle data dui daarop dat ’n “katastrofiese” styging in brandstofpryse in November verwag kan word, met diesel wat tot R1,42 per liter duurder kan wees, sê die Automobiel-assosiasie (AA).

Luidens ’n verklaring op die AA se webwerf sal die petrolprys na verwagting met 99c/liter styg, terwyl die prys van paraffien ook met R1,42/liter kan styg. Dit beteken dat ’n liter loodvrye petrol, wat in Januarie R14,86 in die binneland gekos het, teen November R19,30 kan kos – ’n styging van 30% oor ’n tydperk van 11 maande.

Volgens die AA is dit nou waarskynlik dat ’n liter petrol teen die einde van die jaar R20 kan kos.

Mnr. Dawie Maree, hoof van inligting en bemarking by FNB-Landbou, sê die skerp styging in brandstofpryse is glad nie goeie nuus vir die landbousektor nie.

“Ons sit met ’n onderverhaling op diesel in die omgewing van R1,40/liter. Dit is die middel van die maand se syfers. As dit realiseer, wat ’n groot waarskynlikheid is gegewe die beweging van die Brent-ruolieprys en die stabiliteit van die rand, kan ons ’n baie skerp styging in brandstofpryse in November sien.

“Dit is slegte nuus vir boere, aangesien die sektor tans druk besig is om lande voor te berei en te plant. Wat produksiekoste betref, is dit nie goeie nuus vir boere nie. Aan die direkte kant styg die koste van hul dieselverbruik. Aan die indirekte kant styg die vervoerkoste van onder meer kunsmis en chemikalieë.

“Daardie prysstygings word oorgedra aan die boer, wat ’n prysnemer aan die begin van die waardeketting is, asook die verbruiker, wat ’n prysnemer aan die einde van die waardeketting is.”

Maree sê daar kan ook verwag word dat ’n aantal ander produkte se pryse sal styg as gevolg van die vervoerkomponent. Die skerp styging in die Brent-ruolieprys het ook ’n impak op die prys van onder meer kunsmis.

“Die styging in brandstofpryse – gekoppel aan ’n styging in ander uitgawes, soos elektrisiteit en lone – sal beslis druk plaas op boere. Ons het twee goeie jare gehad en die voorspellings vir nog ’n goeie produksiejaar is steeds daar. Dit kan afwaartse druk op produkpryse plaas. ’n Laer mielieprys, byvoorbeeld, tesame met stygende insetkoste sal druk plaas op boere se winsgewendheid, wat sleg is op lang termyn.

“Brandstof is ’n nie-diskresionêre uitgawe wat ’n boer moet aangaan om te kan produseer. Ek glo teen hierdie tyd het die meeste boere oorgeskakel na werktuie met doeltreffende brandstofverbruik. Verder is daar nie veel wat hulle aan die situasie kan doen nie.”

Maree sê die styging sal ook ’n impak op inflasie hê. ’n Styging in voedselinflasie kan in die komende maande verwag word.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.86
-1.3%
Rand - Pond
20.07
+0.8%
Rand - Euro
17.60
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.50
-0.4%
Rand - Jen
0.12
-0.8%
Goud
1,707.34
-1.1%
Silwer
20.21
-4.1%
Palladium
2,224.00
-4.2%
Platinum
909.50
-2.6%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,173
-1.1%
Alle aandele
65,583
-1.1%
Hulpbronne 10
63,659
-1.4%
Industriële 25
79,188
-1.1%
Finansiële 15
13,956
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Met n kitaar in die hand en liefde in my hart
Ek is vriendelik en n aangename mens om mee tyd te spandeer en is altyd besig om te lag. Ek stel altyd belang om te luister na ander se lewens stories
Sterrekyker
Ongekompliseerd, eerlik, opreg, liefdevol. Wat jy sien is wat jy kry. Stel gewoonlik ander voor myself. My familie en naby vriende is baie belangrik vir my, en ek sal enigiers...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot