AFGRI
BEAN
26 Sep
-
9434
-76,00
CORN
26 Sep
-
4805
-4,00
SOYA
26 Sep
-
9399
-67,00
SUNS
26 Sep
-
9980
-226,00
WEAT
26 Sep
-
7069
52,00
WMAZ
26 Sep
-
4870
13,00
YMAZ
26 Sep
-
4800
12,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Brandstof: Tyd voor prysstyging raak min

akkreditasie
Ter illustrasie. Foto: Johan Norval
Ter illustrasie. Foto: Johan Norval
Boere wat nog nie hul tenks gevul het voor brandstofpryse vanaand om middernag nuwe hoogtes bereik nie, moet so spoedig as moontlik so maak.

Boere wat nog nie hul tenks gevul het voor brandstofpryse vanaand om middernag nuwe hoogtes bereik nie, moet so spoedig as moontlik so maak. Vanaf môre (3 November) sal brandstofpryse soos volg toeneem:

• Petrol (alle grade): R1,21 per liter;

• Diesel (albei grade): R1,48 per liter;

• Paraffien: R1,93 per liter; en

• Gas: R2,90 per kilogram.

Volgens Netwerk24 sal 95 oktaan-petrol R19,54 per liter in Gauteng en R18,82 per liter aan die kus kos, terwyl diesel (0,05% swael) R17,20 per liter in Gauteng en R16,59 per liter aan die kus sal kos. In Polokwane sal 95 oktaan-petrol R19,97 per liter kos.

Luidens ’n verklaring deur die departement van minerale hulpbronne en energie is die prysstygings aangedryf deur stygings in ruolie-pryse, asook die pryse van internasionale petroleumprodukte en die verswakking van die rand-dollar-wisselkoers.

Die balansfondsheffing is ook met R2,20/liter – van R13,16/liter tot R15,36/liter – verhoog. Die balansfonds het einde September vanjaar ’n tekort van R1,657 miljard getoon, terwyl die tekort minder as R250 miljoen moet wees.

Die Automobiel-Assosiasie (AA) sal luidens ’n verklaring op sy webwerf aanhou aandring op antwoorde oor hoe heffings op brandstofpryse toegewys en bestuur word. Die AA verwag ook duidelikheid oor waarom die bykomende balansfondsheffing op brandstofpryse ingestel en waarom dié fonds so diep in die skuld is.

“Brandstofpryse het ’n regstreekse invloed op ’n reeds swak ekonomie aangesien dit aanhou om inflasie op noodsaaklike verbruikersgoedere aan te dryf. Dit het ’n uitwerking op elke Suid-Afrikaner. Al die elemente wat brandstofpryse beïnvloed, moet bevraagteken word om te bepaal of hulle nodig is.”

Volgens die AA is 95 oktaan-petrol nou 39,47% duurder in Gauteng as 11 maande gelede en langs die kus net meer as 40% duurder. Diesel is 30% duurder as aan die begin van die jaar.

Die AA is bekommerd dat die nuutste brandstofpryse nie op 28 Oktober aangekondig is soos op die departement van minerale hulpbronne en energie se verklaring aangedui is nie. Die nuwe brandstofpryse is eers gister kort voor kiespunte gesluit het, aangekondig. Die AA meen dit is gedoen om die regering te beskerm.

Volgens die AA is vooruitsigte vir brandstofpryse in die volgende drie tot ses maande skrikwekkend weens wisselvallige oliepryse en sloerende voorraad.



Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.03
-0.4%
Rand - Pond
19.56
-0.9%
Rand - Euro
17.42
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.72
-0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Goud
1,645.23
+0.1%
Silwer
18.82
-0.3%
Palladium
2,067.50
-0.3%
Platinum
863.00
+0.5%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
56,614
-0.9%
Alle aandele
62,901
-0.8%
Hulpbronne 10
55,481
-1.5%
Industriële 25
78,562
+0.2%
Finansiële 15
13,864
-2.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Great humor and still have a lot to offer to a sincere person
Let's meet and you can decide. I don't want to pretend or mislead a potential partner. What you see is who I am. Ek is God se kind en dit is nie eers onderhandelbaar...
"Kom ons skryf ons eie roman."
Ek is n baie positiewe mens met n hart van goud. Ek het n passie vir mense en hou daarvan om nuwe mense te ontmoet. Ek staan uit vir wat ek in glo. Ek geniet die buitelig lewe ....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot