
Brandstofpryse daal vandeesmaand vir die eerste keer sedert Mei vanjaar. Die prys vir 95 oktaan- en 93 oktaan-petrol daal van Woensdag af met R1,32 per liter, terwyl die prys van diesel met onderskeidelik 0,05% en 0,005% swael met onderskeidelik 88c per liter en 91c per liter daal. Die regering se verligting op die algemene brandstofheffing verstryk op 2 Augustus.
Mileham sê die DA meen brandstofpryse kan laer wees as die ANC-regering ophou om brandstofpryse op ’n kunsmatige wyse hoog te hou deur brandstofbelasting- en heffings, asook die gesentraliseerde bepaling van brandstofpryse.
“Die buitensporig hoë brandstofpryse sal nie verlig word deur klein dalings gegrond op die globale olieprys nie, maar slegs deur aansienlike, berekende en fundamentele veranderinge aan hoe die regering brandstofpryse beheer. Die feit bly staan dat die ANC-regering moet ophou om brandstofpryse te manipuleer.”
Die DA lê môreoggend sy energiebeleid en -plan voor. Dit het ten doel om die land se energiekrisis op te los.