AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Brandstofpryse: Dít kan in die komende maande verwag word

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Martin Jordaan
Foto: Martin Jordaan
Die verswakking van die rand-dollar-wisselkoers en die styging in die olieprys het daartoe bygedra dat dieselpryse van môre af sowat R1,40/liter meer sal wees.

Mnr. Dawie Maree, hoof van inligting en bemarking by FNB Landbou, sê die styging in oliepryse kom op die rug van die organisasie vir petroleumuitvoerlande (Opul) se aankondiging dat produksie ingekort sal word ten einde munt te slaan uit die hoër olieprys. As gevolg daarvan het die olieprys R95/vat bereik.

Die wisselvallige wisselkoers het verder bygedra tot die styging in brandstofpryse. Die pryse van diesel met 0,05% swael en diesel met 0,005% swael is van Woensdag 2 November af onderskeidelik R1,42/liter en R1,43/liter duurder. Dit beteken dat die prys van dié grade diesels sedert Januarie vanjaar so te sê verdubbel het van onderskeidelik R12,15/liter en R21,78/liter na onderskeidelik R25,49/liter en R35,75/liter.

Maree sê aangesien die winter nou in Europa begin, sal die vraag na krag en kragbronne toeneem. Die oorlog tussen Rusland en Oekraïne het veroorsaak dat gaspryse die hoogte inskiet en dat ander kragbronne oorweeg word.

“My gevoel is dat ons steeds opwaartse druk op die olieprys sal sien. Na gelang van wat Rusland besluit om te doen, verwag ek dat die olieprys tot Desember op dieselfde vlak sal wees.

“Die wisselkoers kan ook ’n deurslaggewend rol speel. Ons hou duim vas dat hy stabiel bly. Indien dit tot minder as R18 teenoor die dollar versterk, kan ons ’n bietjie verligting sien.”

Dit is egter volgens hom nog baie vroeg om ’n akkurate voorspelling te maak. Die prentjie behoort teen 15 November duideliker te wees.

Die implikasies van die hoër dieselpryse vir die landbousektor is baie ongunstig. “Dit is nou plantseisoen. Groot hoeveelhede diesel word nou verbruik om die volgende oes in die grond te kry. Die styging is ook sleg vir die verbruiker omdat dit voedselpryse laat styg.”

Die uitkringeffek van die hoër dieselpryse het ook ’n impak op padvragvervoer. Mnr. Gavin Kelly, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse padvragvereniging, sê diesel is padvragvoerders se kragbron. Hul prysmodelle moet dus voortdurend aangepas word om by stygende dieselpryse by te hou. Daarby moet vervoerders hul bedrywighede finansier, terwyl hulle maande nadat werk gedoen is eers daarvoor betaal word – soms tot drie maande.

“Intussen moet die volgende vrag vervoer word. Daarvoor het ons brandstof vir ons voertuie nodig. Daar is nie eindelose voorrade kontant beskikbaar om die hoë vlak van brandstofuitgawes te delg terwyl ons op betalings wag nie.”

Hy sê in sommige gevalle sal kliënte of besighede begin om hul vragvolumes te verminder na gelang van verbruikers se vraag. “Vervoerders sal die impak hiervan op hul besighede voel. Baie vervoerders sal nie waarborge kan bied om die nodige brandstof op krediet aan te koop nie, terwyl ander eenvoudig nie die nodige kontant het om hulself aan die gang te hou vir tot 90 dae nie.

“Of ons daarvan hou of nie, die voortslepende styging van dieselpryse sal onvermydelik vervoer- en logistieke koste verhoog. Aangesien sowat 85% van alle goedere landwyd padlangs vervoer word, sal daar prysverhogings wees namate die vervoerkoste van goedere toeneem.”

Volgens hom vorm brandstof sedert vanjaar se derde kwartaal nagenoeg 55% van die bedryf se daaglikse bedryfskoste en dit dreig om 60% teen die einde van die maand te bereik.

“Dit is ’n koste wat geen maatskappy kan bekostig om te dra nie. In die meeste gevalle sal dit gedra moet word deur die verbruiker, wat vir so te sê alles meer sal moet betaal.”

Kelly waarsku dat daar geen alternatief tot padvervoerders is nie. ’n Bose siklus kan volgens hom ontstaan as vervoerders wat nie hul bedryfskoste kan bybring nie, hul deure sal moet sluit. Namate meer besighede tot niet gaan, sal werkloosheid toeneem, die bedryf en subbedrywe se inkomste afneem en, uiteindelik, sal pryse by die kasregister toeneem.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.23
+1.8%
Rand - Pond
21.12
+1.0%
Rand - Euro
18.16
+0.8%
Rand - Aus dollar
11.72
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+1.6%
Goud
1,795.41
-0.2%
Silwer
23.00
-0.7%
Palladium
1,910.50
+0.6%
Platinum
1,022.28
+0.2%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
69,212
+1.4%
Alle aandele
75,374
+1.4%
Hulpbronne 10
75,067
+1.4%
Industriële 25
92,467
+1.0%
Finansiële 15
15,839
+2.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Fantastiese reisende kok wil jou lewe bietjie geur...
Opregte, eerlike, liefdevolle advontuurlustige siel, wat hou van die natuurlewe, kosmaak, visvang en die buitelewe. Romantiese aande om te dans saam iemand wat my siel en hart...
Altyd sonnig en vol pret
Altyd sonnig en vrolik. Intelligent met n groot sin vir humor. Groot hart. Jy sal altyd glimlag of lag met my in die omtrek
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot